Die winter is hier wat beteken dat dit tyd is vir sop, maar wanneer laas het jy ertjiesop gemaak? Probeer dié vinnige resep!
6 porsies
LEES OOK: Spek-en-sampioensop
Bestanddele
bietjie olie
½ ui, gekap
2 selderystingels, gekap
1 wortel, geskil en gerasper
750 ml (3 k) bevrore ertjies
750 ml (3 k) kookwater
1 groente-aftrekselblokkie
sout en peper na smaak
LEES OOK: Beesvleissop
Metode
- Verhit ’n bietjie olie en soteer ui tot sag. Voeg seldery en wortels by en soteer vyf minute.
- Voeg ertjies by en soteer drie minute.
- Voeg kookwater en groente-aftrekselblokkie by.
- Laat kook vir 25 minute oor matige hitte. Laat bietjie afkoel en verpulp met handmenger.
- Voeg nog water, melk of room by indien dunner sop verkies word.
- Geur na smaak met sout en peper.
- Sit saam met skeppie room en vars ertjiepeule voor.