Nicholis Louw deel sy resep vir ‘n heerlike spek-biltong-en-avokadoslaai.
Sy CD’s vlieg van die rakke af en soos hy sê, is hy beslis meer tuis op die verhoog as agter die kospotte! Hy geniet dit egter om lekker te eet en is veral gek na vleis. “Ek moet elke dag vleis eet. Ek is ook mal oor my ma se omelet met kaas en piesang. Sy maak dit al sedert my kinderdae en ek is bevoorreg genoeg om dit steeds gereeld te geniet.”
LEES OOK: Biltongpatee in filodoppies
4 tot 6 porsies
Bestanddele
250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
250 ml (1 k) biltong, fyngekerf
2 avokado’s, geskil, ontpit en in repies gesny
16 klein tamaties, gehalveer
1 komkommer, in skyfies gesny
1 geel soetrissie, ontpit en in repies gesny
1 rooi ui, geskil en in dun ringe gesny
1 pak blaarslaai
handvol vars koljanderblare
60 ml (4 e) pampoenpitte
SLAAISOUS
60 ml (4 e) balsemieke asyn
60 ml (4 e) olyfolie
LEES OOK: Koeskoesslaai
Metode
- Braai spek sonder enige olie in braaipan tot bros. Skep uit en laat afkoel.
- Plaas slaaibestanddele in geskikte slaaibord of individuele bakkies.
- Slaaisous Meng bestanddele saam en sit saam met slaai voor.