’n Kleiner tuin met groen hoekies bied lafenis vir mens en voëls. Hier’s idees wat jy kan gebruik om voëls na jou tuin te lok.
Maryke Roberts
Lok voëls só na jou tuin
• Sekere voëls geniet saadjies, waarvan daar ’n wye verskeidenheid voerbakkies by kwekerye en geskenkwinkels beskikbaar is. Hou die bakkies skoon en hang dit uit die reën en wind, maar waar die kat hulle nie maklik gaan bykom nie.
• Jy kan jou eie suikerwater-mengsel aanmaak vir suikerbekkies en ander voëltjies wat nektar drink. Hang dit in jou tuin, maar maak seker dat die bottel vol vars suikerwater is en miervry is. ’n Takkie waarop voëltjies kan sit wat naby die bottel is, is ook ’n goeie plan.
• As jy sukkel dat voëls die vulsel uit jou hangmandjies of die riete uit jou lapa se rietdak steel, kan jy gerus Rosemary se oulike idee naboots. Sy gebruik die net-sakkie waarin jy uie koop, en stop dit gereeld vol kussingvulsel – verkieslik Unicurl of Dupont Dacron, wat statiese, pofferige balletjies het, maar nie aanmekaar vasplak as dit nat word nie. Sy hang dit aan ’n boomtak in die tuin. Die voëls trek stukke deur die sakkie se gaatjies om hul nessies te bou en los jou hangmandjies en rietdak uit!
• Sny lemoene, piesings of appels in die helfte en sit op ’n stukkie hout met ’n spyker in, oopgesnyde kante na bo, sodat voëltjies lustig kan kom smul.
SOURCES
Jac Kritzinger