Die lokprent van die bekroonde plaaslike film, KROTOA, is gister, 30 Mei 2017, vrygestel!
Kyk die lokprent hier:
Hierdie merkwaardige drama vertel die storie van ’n vurige elfjarige Khoi-prinses (Charis Williams), wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dameSy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind. . KROTOA (Crystal-Donna Roberts), wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck (Armand Aucamp) en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig.
LEES OOK: Het jy al die Heuwels Fantasties se nuwe video, Koeëlbaai, gesien?
KROTOA het reeds agt gesogte toekennings ingepalm, waaronder ’n Toekenning van Uitnemendheid by Die Internasionale Rolprentfees vir Vroue, Sosiale Kwessies en Zero-diskriminasie;
’n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by die Depth Of Field International Film Festival; ’n Platinum-toekenning by die Internasionale Rolprenttoekennings; ’n Diamant-toekenning by die Wêreldfees vir Filmmakers; ’n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by The IndieFEST-filmtoekennings; ’n Toekenning van Uitnemendheid met spesiale vermelding vir Vroulike filmmakers by die Accolade Global Film-kompetisie; ’n Wêreld-platinumtoekenning by die World Woman-toekennings en ’n toekenning vir Beste Film by die Harlem Internasionale Rolprentfees in New York.
Die rolprent spog ook reeds met met ses amptelike benoemings deur internasionale rolprentfeeste en gaan ook deel wees van die Female Eye-fees, wat fokus op vroulike filmmakers en stories oor vroue.
LEES OOK: Dokumentêre film huldig die lewe van Pieter-Dirk Uys
Die fliek, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, is geskep deur ’n dinamiese span vroue, met bekroonde filmvervaardiger, Roberta Durrant, as regisseur en vervaardiger. Roberta is die skepper van verskeie suksesvolle en bekroonde Suid-Afrikaanse televisiereekse, situasie-komedies en die kinderfliek, Felix, wat sewentien internasionale filmtoekennings gewen het.
KROTOA, is geïnspireer deur ware historiese gebeurtenisse. Die draaiboekskrywer, wat voorheen aan ’n dokumentêr oor KROTOA se lewe gewerk het, het probeer om die feite en gevolgtrekkings oor haar lewe korrek weer te gee, met die hulp van verskeie geskiedkundiges soos Dr. Yvette Abrahams, Prof. Jatti Bredenkamp, Dr. Vertrees Malherbe en Ron Martin. Bradley van Sitters en Dorothea Davids het ook insette gelewer in terme van taalgebruik en Khoekhoegowab en Afrikaans is van die tale wat gebruik is. “KROTOA is saamgestel deur ’n span vroue en word ook vanuit ’n vroulike perspektief aangebied. Dit is die resultaat van drie jaar se deeglike navorsing, draaiboekskryf en aktiewe skakeling met geskiedkundiges. Omdat die storie so belangrik is, is die projek met die steun van Die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF), in samewerking met M-Net, en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) aangepak. Daar is dus baie moeite gedoen om hierdie legende se lewe en nagedagtenis te eer,” sê Kaye Ann Williams, wat besluit het om die draaiboek te skryf nadat sy ’n dokumentêr oor KROTOA se lewe vervaardig het.
“Daar is baie min Suid-Afrikaanse vroue, in vergelyking met mans, wat erkenning kry vir die impak wat hulle op die land se geskiedenis gehad het. KROTOA (Eva) is die heldin van hierdie fliek. Dit is nie net belangrik om haar storie te vertel as gevolg van alles wat sy bereik het nie, maar ook om te beklemtoon dat sy vasgevang was tussen twee leefwyses en dat sy telkemale gedwing is om te kies tussen hierdie twee kulture. Identiteit, die behoefte om in te pas en versoening is die sterk, universele temas van hierdie kragtige verhaal. Dit is veral belangrik, omdat die identiteit van ’n persoon – wat tussen twee kulture staan – so relevant is in ons multikulturele samelewing,” voeg Durrant by.
Crystal-Donna Roberts, wat naam gemaak het in flieks soos die Endless River, Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom en Skeem; asook televisiereekse soos 7de Laan, Montana, Vallei van die Sluiers, Getroud met Rugby, Boland Moorde en Byl, vertolk die rol van KROTOA. SAFTA-wenner, Armand Aucamp, wat veral bekend is vir sy indrukwekkende vertolkings in Ballade vir ’n Enkeling en Die Boekklub speel Jan van Riebeeck, terwyl ander gesoute akteurs soos Jacques Bessenger, Doen Lotz, Marcel van Heerden, Roeline Daneel, Brendan Daniels en Ernest St Clair ook in hierdie boeiende verhaal te sien is. Sy word na die eerste Fort geneem, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is. Hier word sy groot as ’n visionêre jong dame, wat die Nederlandse taal en kultuur so goed verstaan, dat sy ’n invloedryke tolk word vir van Riebeeck – die eerste goewerneur van die Kaapkolonie. Krotoa word egter op die ou einde deur haar eie Khoi-mense verwerp en deur die Hollanders vernietig wanneer sy probeer om ’n middeweg tussen die twee kulture te vind.
KROTOA is ’n treffende film oor ’n dapper vrou, wat alles in die stryd gewerp het, om geboorte te gee aan die wonderlike nasie waarvan ons almal vandag deel is. Dit het nie net ’n kragtige boodskap, waarmee almal kan vereenselwig nie, maar beloof ook om die kyker op ’n onvergeetlike avontuur te neem na vervloë tye.
KROTOA is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, Die rolprent word op 4 Augustus 2017 (Vrouemaand), landswyd, deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.
Sosialemediaskakels:
Facebook: https://www.facebook.com/Krotoafilm/
Twitter: @KrotoaMovie
Instagram: @krotoa_film
Hutsmerk: #Krotoa