Lyk hierdie filodeegspirale nie net te lekker nie? Probeer die resep en laat weet ons wat julle daarvan dink
6 porsies
bietjie olie
1 ui, gekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
3 00 g (1 bos) spinasie, ontstingel en
fyngekap
knypie sout
swartpeper na smaak
250 ml (1 k) mozzarellakaas
2 fetakaasskywe, gekrummel
250 g (½ pak) fillodeeg
125 g (¼ blok) botter, gesmelt
Stel oond op 180 °C.
- Verhit bietjie olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is.
- Voeg spek by en soteer nog twee minute.
- Voeg spinasie by. Plaas kastrol se deksel op vir ongeveer vyf minute sodat dit kan verwelk en roer deur. Verwyder van hitte.
- Geur na smaak met sout en peper. Roer mozzarella en feta by.
- Vou fillodeeg oop en verf ’n laag met gesmelte botter. Plaas nog ’n laag fillodeeg bo-op. Verf met gesmelte botter.
- Skep ongeveer 2 e van spek-en-spinasie- mengsel op een lang kant van fillodeeg.
- Rol fillodeeg op sodat dit soos lang wors lyk.
- Draai in ’n sirkel. Doen dieselfde met oorblywende vulsel en fillodeeg.
- Plaas klaar spirale op bakplaat. Verf ekstra botter bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin bo-op.
- Sit louwarm voor.