Ek het van die topprodukte van 2014 gekies. Lees meer in ons 12 Desember-uitgawe en moenie al die wenners misloop nie! Hier is solank ‘n paar gunstelinge met van die Vrouekeur-span se bevindings
Natasha van Wyk
Hier’s die Vrouekeur-span se gunstelingskoonheidsprodukte
1 Christa Swanepoel – Hoofteksredakteur
“Ek het omtrent bederf gevoel om die Beaucience Deep Cleansing Enzyme Mask (R290) te probeer – veral omdat dit ’n teenverouderingsproduk is wat sagkens en op ’n natuurlike manier van dooie selle op die vel ontslae raak en dit reinig. Dit wend roomsag aan en as jy dit ná 20 minute afspoel, voel jou vel sag en glad.”
www.beaucience.co.za Artistry Ideal Radiance Illuminating Moisture Cream (R656,50) spog met interessante bestanddele soos drop, granaat en proteïen van pêrels. Hierdie bevogtiger help om die vel se vogbeskermende lagie te herstel.
www.amway.co.za
“Ek het met die eerste aanwending al geweet hierdie ryk en luukse vogroom gaan goed wees. Dit is sysag en voedend en jy kan behoorlik voel hoe dit die vel streel.”
2
Anlie Janse van Rensburg – Besturende RedakteurLang, welige wimpers is maklik bereikbaar met behulp van vals wimpers of wimperverlengings.
Maar om ooggrimering (en vals wimpers) af te haal is soms ’n tydsame proses. Met die tydsaamheid moet ons maar vrede maak, maar minstens is daar nou ’n ooggrimeringverwyderraar wat wimpers in ag neem.
Chrissanthie Eye Lid Cleanser is ’n “oogsjampoe”. Dit is ideaal as ’n nasorgproduk vir dié wat wimperverlengings op het, want dit ontbind nie die gom nie. Ideaal om te gebruik as jy met rooi, krapperige oë sukkel. www.thelashcollection.co.za
Wenk Bly eerder weg van swaar, waterbestande ooggrimering as jy wimperverlengings of sensitiewe oë het.
3 Nivea Cocoa Butter Body Moisturiser (R29,99 vir 250 ml) "Dis só lyflekker. Die room is nie te dik nie, maar voedend genoeg dat jy dit nie elke halfuur hoef aan te smeer nie. Die geur is heerlik en die room laat my vel sysag voel." – Anlie
"Dié produk het my witwintervel sommer vining verdoesel. Palmer’s Cocoa Butter Formula Natural Bronze Tanning Moisturizer (R139 Dis-Chem) is maklik om aan te spuit en maak nie strepe of vlekke nie. Dit lyk natuurlik en is ’n kitsoplossing as jy vinnig bruin wil wees sonder om ure in die son te lê.”
Wenk Gebruik dit daagliks of soos nodig om die regte "sonbruin" kleur vir jou te skep. Spuit van 10 cm af en onthou om in te vryf.
3 Je’Maine van Kradenburg – Kunsredakteur
Justine LUXE Liquid Eyeliner (R179) vir ’n voorkoms wat jou oog vang.
“Ek gebruik graag vloeibare oogomlyner en hierdie een is maklik om aan te wend en nog beter, maklik om af te haal. Die spitspuntjie wend glad en reguit aan.”
www.justine.co.za
4 Revlon ColorStay Moisture Stain (in Stockholm Chic) (R169)
Met ’n formule wat vitamien E en aalwyn insluit kan jy verseker wees dat Revlon ColorStay Moisture Stain sag op die lippe sal wees.
Zerelda – Adjunkredakteur
“Ek dra baie min lipstiffie omdat dit altyd so vinnig afkom, maar Revlon se Colorstay Moisture Stain het my aangenaam verras. Dit wend maklik aan en bly ’n hele rukkie aan. Lipglans voel dikwels klewerig, maar die produk het beslis nie die probleem nie.”
5 L’Oréal Age Perfect Cell Renew Golden Serum (R224,95)
Ek is so bly serums is nou deel van my daaglikse velsorgroetine en nie meer ’n nou-en-dan- velbederfie nie. Ek probeer elke keer ’n nuwe serum en kry net nie genoeg van hierdie velredders nie! L’Oréal Age Perfect Cell Renew Golden Serum is nog een om te probeer. L’Oréal het Cell Vitality Stimulator System in hierdie serum wat die vel stimuleer en herstel. Dit help om ’n vaal voorkoms op te helder.
“Ek oefen graag en daar is min dinge wat my só frustreer soos wit reukweerder-merke op my swart draftoppies. Shield Invisible is perfek vir my. Dit hou my klere vry van dié merke. Dit hou my onderarms droog en vars al draf ek ver.”
Oefen met ’n geruste hart wanneer jy Shield Invisible Black + White Aerosol Deodorant (R22,99) en Roll-On Deodorant, (R16,99) aansmeer. Dit ruik lekker vars!
8 Mareta Botha – Junior Uitlegkunstenaar
Dié produk het my witwintervel sommer vining verdoesel. Palmer’s Cocoa Butter Formula Natural Bronze Tanning Moisturizer (R139 Dis-Chem) is maklik om aan te spuit en maak nie strepe of vlekke nie. Dit lyk natuurlik en is ’n kitsoplossing as jy vinnig bruin wil wees sonder om ure in die son te lê.”
Wenk Gebruik dit daagliks of soos nodig om die regte ‘sonbruin’ kleur vir jou te skep. Spuit van 10cm af en onthou om in te vryf.
9
Je’Maine van Kradenburg – KunsredakteurJustine LUXE Liquid Eyeliner (R179) vir ’n voorkoms wat jou oog vang
www.justine.co.za
10 Margot Pakendorf Schultz, senior teksredakteur
“Vir ‘n vrou soos ek wat van doodgewone, eenvoudige produkte hou is dié dagroom net reg. Dis romerig vir my droë vel, maar laat my nie met ’n blink gesig rondloop nie – dit trek dadelik in.”
Ordinary Skincare Co. se Day Cream SPF30 (R284) het ’n sonskerm met natuurlike antioksidante, groen rooibos en druiwepitolie en is perfek vir sensitiewe velle of dié wat net die noodsaaklike bestanddele wil hê. Koënsiem Q10 behandel inflammasie en stimuleer sellulêre energie met olyfolie en boombotter vir ‘n sagte vel.
www.ordinaryskincare.com
Het jy geweet? Sonskerms blok dalk skadelike UV-strale, maar dit voorkom ook vitamien D-opname. Jy het vitamien D nodig vir ‘n gesonder immuunstelsel en bene. Maak seker jy kry ‘n vorm daarvan in. Vetterige vis en eiers is ryk in vitamien D.
Hoekom olie?
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
SOURCES
Dylan Swart en verskaf