Emosionele eters weet dit lankal. Kos kan ‘n mens beter laat voel, maar hier is ‘n lysie van kos wat jou bui regtig kan lig
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Vies van hongerte?
Eet volgraankos omdat dit die brein se serotonien verhoog wat jou bui kan lig en jou gouer vol kan maak.
Gestres?
Sjokolade kan help om die streshormone te verminder. Swarttee is ook glo al getoets en kan ‘n wesenlike verskil aan die streshormone maak.
Moeg?
Eet folaatryke kos soos spinasie, bone en sitrusvrugte om jou konsentrasie te verbeter.
Buierig?
Eet ‘n appel met grondboontjiebotter vir jou suiker- en energievlakke om langer stabiel te bly.
Angstig?
Eet salm vir omega-3-vetsure wat kan help om jou angstigheid te verlig. Kos wat die aminosuur triptofaan bevat, werk in besonder goed om angs te verlig. Goeie bronne is kalkoen, eiers, hoender, kaas, eiers en neute.
Geïrriteerd?
Irritasie kan aan ‘n daling in bloedsuiker toegeskryf word en dit kan help om elke drie tot vier uur iets te eet. Laevet- Griekse jogurt met bessies is ideaal.
PMS?
Donkersjokolade kan jou irritasie verlig.
BRON: www.everydayhealth.com