Moenie ons 28 November-uitgawe misloop nie! Hier is solank ’n paar van my gunstelingprodukte van die week.
Natasha van Wyk
Natasha se 11 topskoonheidsprodukte
2 Beauty Factory Karoo Cure Gentle Exfoliating Hand Scrub met boegoe-ekstrak maak jou hande lekker sag. Definitiewe handbederf! R49,90
3 Moenie laat jou grimering in die somerson smelt nie. Probeer Avon Makeup Setting Spray. Dit bevat vitamiene, is lig en word vinnig droog. Kry dit op die Avon-webwerf, R149,95
4 L’Oréal Nutri Lift Gold Anti-Ageing Serum Foundation is die perfekte velversorger vir haastige vroue, R89,95
5 Dermalogica Clean Start-reeks is vir jou tiener. ’n Oulike, vars reeks wat velprobleme soos puisie-uitslae aanvat en ’n matvoorkoms gee, R200 – R300
6 Behandel jou wimpers met MD Lash Factor Eyelash Conditioner vir langer, dikker, sagter en gesonder wimpers in 4-6 weke, R950 vir drie maande se voorraad.
7 Ek is mal oor 2-in-1-produkte soos Garnier UltraLift Serum + Cream, R159,95
8 Beskerm jou vel teen die skadelike UVA-sonstrale met Sisley Sunleÿa Age Minizmizing Global Sun Care SPF15. Meeste sonskerms beskerm net teen UVB-sonstrale wat die vel se oppervlakkige lae brand. UVA-strale penetreer die dieper lae van jou vel wat voortydige velveroudering veroorsaak. Onthou om sonskerm elke paar uur aan te smeer. R2 057
9 Sagte lippe met ’n tikkie kleur. Maybelline Baby Lips Electro is perfek vir ’n vars, helder somervoorkoms. Beskikbaar in ses skakerings, R29,95 elk
10 Raak finaal ontslae van jeukerige, droë wintervel met Tantol Medi velsorgreeks. Kies van badolie tot voetroom vir skurwe hakke, lyfroom en waterlose handwas, Kry meer inligting op die Tantol-webwerf, R54,95 – R114,95
11 Annique Resque Crème bevat rooibos wat die vel streel en kalmeer. Behandel velirritasies, sonbrand of jeukerigheid met dié velredder. Besoek die Annique-webwerf, R43
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprysSOURCES
Dylan Swart en verskaf