Met ’n pakkie worsies in die yskas kan jy ver kom.
4 porsies
bietjie olie
1 rooi ui, gekap
125 g (½ pakkie) spek, gekap
3 75 g (1 pakkie) kaasworsies, in skyfies
gesny
150 g (½ bos) spinasie, grofgekap
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) volroommelk
3 eiers
bietjie sout en peper
2 sirkels fetakaas, in blokkies gebreek
Stel oond op 180 °C.
- Verhit bietjie olie en soteer ui tot sag. Voeg spek en worsies by en soteer tot spek amper gaar is.
- Was spinasie af en voeg by vleismengsel. Soteer tot spinasie verwelk.
- Roer koekmeel by tot gemeng met ander bestanddele. Verwyder van hitte.
- Klits melk, eiers, sout en peper saam. Roer by vleismengsel tot gemeng.
- Roer fetakaas by.
- Spuit oondbak met deursnee van 24 cm met kossproei en giet mengsel daarin.
- Bak vir 40 tot 45 minute of tot net in middel gestol.