Wat is dan nou lekkerder as ’n stukkie gebakte tert met ’n groot skep room?
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS
10 porsies
Bestanddele
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
125 ml (½ k) volroommelk
45 ml (3 e) botter, gesmelt
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
knypie sout
knypie fyn kaneel
385 g (1 blik) tertappels
Sous
250 ml (1 k) suiker
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
LEES OOK: Korslose melktert
Metode
Stel oond op 180 ºC.
- Klits suiker en eiers. Voeg melk en botter by. Klits weer.
- Sif meel, bakpoeier, sout en kaneel saam. Roer by eiermengsel.
- Smeer ronde oondtertbak met 22 cm-deursnee.
- Skep deeg in tertbak en pak appelstukke bo-op.
- Bak vir 60 minute tot goudbruin.
- Sous Begin sous 20 minute voor baktyd verstreke is.
- Verhit suiker en room oor matige hitte. Roer gereeld tot sous begin borrel. Verwyder van hitte en roer vanieljegeursel by.
- Giet warm sous oor appeltert sodra dit uit oond kom.
- Sit louwarm saam met styfgeklitste room voor en versier soos verkies.