Klink selfhelpwenke vir jou soos pure onverdunde twak? Wel, dikwels, maar hierdie nege gewoontes kan glo jou lewe radikaal verander
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Wie wil nou nie gelukkig en suksesvol wees nie? Ek wil, jy wil, jou buurvrou wil en selfs jou driejarige kind wil sukses met iets bereik al is dit nou om ‘n perfekte toring met haar blokkies te bou.
Kenners sê die geheim vir sukses is om eerstens jou kop reg te kry en stadig maar seker aan jou doelwitte te bou. Hier is ‘n paar gewoontes wat jou lewe positief kan verander.
- Gee jouself toestemming om slegs ja te sê vir die dinge wat jou oplig en nie aftrek nie.
- Neem tyd om na te dink oor jou lewe, waarheen jy mik en hoe jy dit wil bereik.
- Oefen om meer geduld te hê en vrede te maak met die grys gebiede in die lewe.
- Stel daaglikse bevestigings en rituele in plek om jou met drome en doelwitte op koers te hou.
- Wees bewus van dit wat in jou kop aangaan. Praat mooi met jouself.
- Probeer om oplossings te soek vir probleme en nie net in probleme vas te kyk nie. Oefen positiwiteit.
- Al ervaar jy vrees, neem ‘n tree vorentoe en gee die lewe ‘n kans.
- Wees meer dankbaar vir dit wat jy het en wat jou gelukkig maak.
- Prioritiseer jou gesondheid. Sorg vir jou liggaam.
BRON: www.pinchmeliving.com