“Iemand som midlewe soos volg op,” sê Johan Pienaar, lewensafrigter: ‘Iets vreemds gebeur met my. Ek weet nie wat of waarom, of hoe om daarop te reageer nie. Ek is nie eers aldag seker óf dit met my gebeur nie.’
“Die tekens van midlewe is dikwels soos volg:
- Emosionele onstabiliteit, vrese en angstigheid; onderstebo en agterstevoor emosies.
- Liggaamlik voel die man dat hy op die rand van ’n afgrond staan en enige oomblik gaan val. “Midlife is when your broad mind and thin waist changes places.”; “Middle age is when we can do just as much as ever, but would rather not.” (onbekend).
- Midlewe is wanneer jy R90 prysgeld by ‘n tenniskompetisie wen en daarna R130 aan mediese koste spandeer.
- So ’n man beleef groot frustrasie en onsekerheid, kyk met nuwe oë na sy vrou en wonder of hy kans sien om die res van sy lewe met haar saam te leef.
- Seksueel twyfel hy aan sy vermoëns. “Midlife is when you turn the light out for economic reasons rather than romantic ones.” (onbekend)
- LEES OOK: Manlike menopause: mite of werklikheid?
- Die kinders verlaat die huis en die man voel verwerp.
- Wat sy werk betref, wonder hy of hy op die regte plek is. Iemand het toe hulle hom uitvra oor die werk wat hy doen, geantwoord: “Ek is besig met die toppunt van alle sinloosheid.”
- Godsdiens: hy twyfel aan die geldigheid van alles waarmee hy grootgeword het.
- Die dood verskyn op die horison en die man dink toenemend aan die dood en die finaliteit daarvan.