Daar is omtrent ’n skatkis van klere in die middestad van Johannesburg weggesteek. Al gehoor van 32 Clothing Co?
Natasha van Wyk
Jy hoef net ’n bietjie op die internet rond te soek om agter te kom hoe groot hierdie handelsname is, veral in Europa.
Die verkoopsassistente het ook tablette met meer inligting oor die handelsmerke.
“32 Clothing Company is nou die beste groot- en kleinhandelaar in Suid-Afrika waar jy oorsese handelsnaamklere teen besonderse afslagpryse kan koop,” sê David.
Daar is drie kategorieë waarvolgens stukke geprys word. “Gold Label, A-graad, B-graad en C-graad onderskei tussen klere van hierdie seisoen en of klein herstelwerkies nodig is of fabrieksfoute het.” C-graad-klere het gewoonlik merkies of gaatjies, maar teen pryse soos R25 vir ’n handelsnaambloes kan jy maar kreatief raak met jou naaldwerkmasjien.
Bo en behalwe die afslagprys is daar gereeld nóg spesiale aanbiedings. Tans kry jy ook 40% afslag op alle Gold Label-rokke tot 8 November.
32 Clothing vul hul voorraad gereeld aan en dus kan jy altyd iets nuuts te wagte wees as jy inloer. Dit beteken ook egter dat jy jou moet roer as jy iets spesifieks soek. Al is daar gewoonlik verskeie groottes in een stuk is dit nie altyd die geval nie. Dalk is dit jou gelukkige dag en jy kry ‘n Tom Tailor-baadjie (wat jou maklik meer as R2 000 sal kos) teen R399 of ‘n Banana Republic-bloes vir R69. Ons het ’n hele oggend in hul winkel deurgebring en dié wonderlike afslag self beleef. Ons kan nie wag om terug te gaan nie!
Meer inligting
Waar? 81 Rissik Straat, JHB (op die hoek van Plein- en Rissikstr. Ondergrondse parkering in Pleinstraat beskikbaar.)
Tye: Weeksdae 09:00-17:00, Saterdae 09:00-15:00
Webwerf: www.32clothing.co.za
Facebook: www.facebook.com/32clothing. Hou hul Facebook-blad dop vir lekker kompetisies.