Lees in ons 31 Oktober uitgawe oor my gunstelingskoonheidprodukte van die week. Hier is nóg oulike nuutjies wat werk.
Natasha van Wyk
2 Sag, pienk en romanties is die grimeerneiging van die seisoen. Maak dit na met Inglot Freedom System Eyeshadow in #311 en #431, R99 elk
3 Praat van groentee en granaat en onmiddelik dink jy ‘gesond’. Saam met vitamien E is hierdie net van die bestandele in Justine se Detox Treatment Cream – gesonde velkos! Gebruik dié room wanneer die stresvlakke styg en ook soos die seisoen draai. Jy sal verbaas wees watter impak seisoenveranderinge op jou vel het. Smeer saans aan ’n skoongewaste gesig en los dat dit intrek. Jy kan dit ook soggens gebruik as jy wil.
www.justine.co.za, R310
4 Jel-naellak is die nuutste naelneiging en Avon het ’n wenproduk met hul Gel Finish Nail Enamel. Die kleur is ryk en jy kan met slegs een laag wegkom. Die naellak word redelik vinnig en glad droog. Probeer die helder pienk Fabulous, een van my gunstelingnaellakkleure op die oomblik. www.avon.co.za, R59,95
5 Sit dié lenteseisoen bloeisels in jou hare. Label.m se Organic Orange Blossom Shampoo en Conditioner is heerlik met ‘n strelende effek wat hare nuwe lewe gee, R410 elk. Beskikbaar by seker salonne.
6 Ek is mal oor haarmaskers, en L’Oréal Elvive se haarprodukte was nog altyd van my gunstelinge. My hare ruik en voel altyd goed na ‘n Elvive was. Die nuutste Fibrology reeks beoog om die tekstuur van hare dikker te maak. Gebruik die Thickening Masque minstens eenmaal per week op jou haarpunte en los vir ‘n paar minute. Probeer ook die res van die Fibrology produktereeks. R74,95
7 Probeer dié kleur! Inglot Bright’N’Matte Lipstick in #426, R179
SOURCES
Peter Whitfield en verskaf