Sjokolade sorg altyd vir baie komplimente! Maak hierdie heerlike bederfies
Deur MARLO KITSHOFF-CARSTENS Foto ANDREA CALDWELL
9 porsies
KORS
4 00 g (1 rol) gekoopte skilferkorsdeeg,
ontdooi
30 ml (2 e) volroommelk
1 eier
SJOKOLADEMOUSSE
4 00 g bruinsjokolade, in blokkies
gebreek
375 ml (1½ k) room
Stel oond op 200 °C.
- Skilferkorsdeeg Vou skilferkorsdeeg oop. Moenie platter rol nie.
- Druk 18 sirkels met ’n 10 cm-drukker uit.
- Druk dan nege skilferkorsdeegsirkels met ’n kleiner koekiedrukker met ’n 7 cm-deursnit uit, sodat dit ’n gaatjie in middel het. Gooi kleiner binneste gedeelte weg.
- Verf kante van vol sirkels met water.
- Voer bakplaat met bakpapier uit en spuit met kossproei. Plaas vol sirkels op bakplaat.
- Plaas ringgedeelte van sirkel bo-op sirkel wat met water geverf is sodat dit aan mekaar kan vassit.
- Klits melk en eier saam en verf oor sirkels. Eiermengsel moenie langs kante van sirkels afloop nie omdat lagies van deeg dan nie gedurende bakproses mooi uitpof nie.
- Bak vir 14 minute tot goudbruin.
- Laat op afkoelrakkie afkoel. Gebruik dadelik of bêre in ’n lugdigte houer.
- Sjokolademousse Smelt sjokolade en room saam in glasmengbak in mikrogolf teen 50% krag. Mikrogolf vir twee tot drie minute. Roer elke minuut.
- Roer tot glad en sonder klonte. Laat in yskas vir 40 minute afkoel. Dit moet nog nie gestol wees nie.
- Klop met houtlepel tot pofferig.
- Skep sjokolademousse in sirkels en sit voor soos verkies.