Maak hierdie maklike en vinnige worsrol met skilferkorsdeeg
6 porsies
700 g varkworsies, ontdooi
bietjie olie
1 ui, fyngekap
2,5 ml (½ t) droë pietersielie
250 g (1 pakkie) spek, gekap
2,5 ml (½ t) knoffelsout
knypie swartpeper
400 g (1 rol) skilferkorsdeeg
Stel oond op 200 °C.
- Sny varkworsie se velletjies oop en haal binnekant uit. Plaas in mengbak.
- Verhit bietjie olie en soteer ui en pietersielie tot ui sag is. Voeg spek by en soteer tot gaar.
- Voeg knoffelsout en swartpeper by en verwyder van hitte. Roer mengsel by varkvleis in bak en meng.
- Rol skilferkorsdeeg oop op bakplaat wat met bakpapier uitgevoer en met kossproei gespuit is.
- Skep maalvleismengsel in middel van skilferkorsdeeg en vou kante van deeg na mekaar sodat dit oorvleuel. Gebruik bietjie water om gedeeltes goed op mekaar te laat vassit.
- Draai rol versigtig om sodat las aan onderkant is.
- Druk begin- en eindpunte bymekaar. Gebruik bietjie water om punte vas te druk. Versier met ekstra stukkie deeg bo-op.
- Verf bietjie melk bo-oor rol.
- Verlaag oond se temperatuur na 180 °C en bak vir 35 minute of tot goudbruin en gaar bo-op.
- Sit in skywe saam met groenslaai voor.