Kyk, ons almal kry dae wat ons nie eens wil opstaan nie. Hoe motiveer jy jouself om op te staan, aan te gaan en jou doelwitte na te streef? Hier is 30 wenke
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Moeg en moedeloos? Jip, ek was al daar! En ek is seker jy ook. Dit is tye wat jy eintlik iemand agter jou nodig het om jou te help, maar ons almal het nie altyd iemand daar wat ons kan aanhelp, aandryf of aanjaag nie. Gelukkig is daar allerlei dinge wat jy kan doen om bietjie woema in jou litte te sit.
- Maak jou oë toe en visualiseer hoe jy dit doen wat jy wil doen. Sien jouself daai Parkrun in 30 minute voltooi of hoe jy jou tesis met ‘n glimlag indien.
- Probeer iets nuuts vir inspirasie.
- Gaan stap om jou kop oop te maak.
- Skryf alles neer wat jy moet doen sodat jy nie so oorweldig voel deur die lewe nie.
- Kry genoeg slaap in. As jy swak slaap, gaan jy eers ongemotiveerd voel.
- Kry oefening in om jou energievlakke ‘n hupstoot te gee.
- Gee ‘n klein tree vorentoe. Vat dit een dag op ‘n slag.
- Vat ‘n koue stort sodat jy op en wakker kan voel.
- Beloon jouself met iets lekkers (of moois) as jy iets bereik het.
- Speel vir jou energieke musiek terwyl jy iets doen wat nie lekker is nie.
- Doen die moeilike of veeleisende take in die oggend sodat jy die ander gemakliker kan baasraak.
- Fokus.Pasop vir dinge wat jou aandag van jou taak kan weglei.
- Wees voorbereid sodat jy nie werk moet afjaag nie.
- Stel ‘n alarm op jou foon sodat jy weet wanneer ‘n taak voltooi moet wees of wanneer jy moet begin.
- Druk jouself as jy iets gedoen moet kry en jy wil net nie.
- Stel vir jouself ‘n doelwit om seker te maak jy kry dit betyds gedoen.
- As jy iets moet doen wat jy nie geniet nie, vat iemand saam.
- Organiseer jou huis of werksruimte sodat jy meer gedoen kan kry.
- Behandel jou liggaam goed. Eet reg sodat jy ook beter kan voel. En onthou as jy goed lyk, voel jy ook sommer goed. Gaan doen jou naels of sny jou hare sodat jy lekker oor jouself kan voel. ‘n Nuwe jurkie kan ook wondere vir jou gemoed doen.
- Begin jou dag op ‘n positiewe noot met iets lekkers, of dit nou stiltetyd, ‘n beker warmsjokoldae, ‘n hoofstuk van ‘n lekker boek of ‘n warm stort is.
- Deel jou doelwitte met ander mense. Dit gee jou ‘n gevoel dat jy dit moet bereik, want jy het mos nou daaroor gepraat!
- Bring lig in ‘n vertrek in. ‘n Donker vertrek laat ‘n mens sommer nog moedeloser voel. Trek die gordyne oop en gooi lig op die onderwerp!
- Bemoedig ander mense sodat jy in die gewoonte kan kom om positiewer te dink.
- Hou op om jouself met ander mense te vergelyk. Hoekom het jy op Facebook byvoorbeeld “vriende” wat jou sleg oor jouself laat voel?
- Lees boeke wat jou motiveer. As jy nie die tipe mens is wat selfhelpgoed lees nie, lees iets oor ‘n inspirerende mens. Biografieë kan jou ook motiveer.
- Sit vir jou aanhalings by jou werksplek op wat jou woema gee.
- Praat met jouself. “Hoor hier, suster, hierdie werk moet nou klaarkom!” gaan jou dalk net jou litte laat roer.
- Skryf neer waar jy jouself oor vyf jaar sien; wat jy in dié tyd wil doen. Plaas dit waar jy dit kan lees en herinner jouself aan wat jy wil bereik.
- Vind iets wat jy waarlik geniet en doen dit. Begin ‘n stokperdjie of ‘n versameling – iets wat jou weer opgewonde oor die lewe laat voel.
- As daar projekte is wat jy verpes en jy kan dit los, waarom nie? Moet jy regtig op al wat ‘n skoolvereniging is dien? Nee. Doen dit wat jy regtig wil doen,