’n Mens dink gewoonlik dat vitamien C die antwoord teen hierdie siektes is, maar nou dink navorsers anders
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Volgens navorsing wat in die Britse Mediese Joernaal gepubliseer is, is vitamien D nie net belangrik vir gesonde bene nie, maar dit speel ook ‘n rol in die immuunstelsel.
Die navorsers glo dat kos met hierdie vitamien versterk moet word. Die immuunstelsel gebruik vitamien D om antimikrobiese wapens te vervaardig wat gaatjies in bakterieë en virusse maak.
Aangesien mense nie baie in die son is in die winter nie, het mense gewoonlik lae vlakke daarvan in die tradisionele verkoueseisoen.
Balans word wel aangeraai, want te veel vitamien D kan tot hoë vlakke kalsium in die bloed lei wat weer hart- en nierprobleme kan veroorsaak.
Mense wat ook ‘n chroniese toestand het, moet eers hul dokter raadpleeg voor hulle enige aanvullings neem.
BRON: www.bbc.com