Een van die voordele van borsvoeding is die afskeiding van oksitosie, die hormoon wat ‘n rol in die skep van intimiteit of die versterking van bande tussen mense speel.
Anne Marais
Prof Alicia Dermer, ‘n kundige in huisartskunde, skryf dat min mense bewus is van die voordele wat borsvoeding vir ma’s inhou. Wanneer ‘n ma borsvoed, skei haar pituïtêre klier oksitosien af wat help om ‘n band tussen ma en kind te skep.
Voordele van borsvoeding
• ‘n Kleiner kans op nageboortelike bloeding.
• Verlaagde kans op kanker, sowel as osteoporose later.
• Vinniger gewigsverlies ná swangerskap.
Dr Wynand van Tonder, ‘n ginekoloog en verloskundige, voeg by dat ma’s wat borsvoed, ‘n verminderde kans het om ‘n ystertekort en gevolglike bloedarmoede te ontwikkel. Daarmee saam bou dit die baba se immuniteit, omdat veral die gastro-intestinale kanaal teen virusse en bakterieë versterk word.
Aanvullende bron: www.llli.org