Hier’s praktiese raad van mense wat met alzheimersiekte leef. Kontak Alzheimer’s SA vir meer.
Christa Swanepoel
- Loer in ons 12 September-uitgawe vir mites oor alzheimersiekte
As iemand met alzheimersiekte gediagnoseer word, is naasbestaandes dikwels desperaat vir meer inligting en raad. Die nasionale Alzheimer’s SA se hulplyn voorsien in hierdie behoefte en bied ondersteuning en waardevolle inligting aan families en helpers.
Omdat alzheimersiekte ’n ongeneeslike siekte is, moet die lyer uiteindelik voltyds versorg word.
Volgens Jill hanteer die hulplyn ’n wye verskeidenheid navrae. “Soms wil mense net gesels, soms wil hulle meer oor ’n sekere simptoom weet of soek hulle ’n dokter, versorger of ondersteuningsgroep wat hulle kan help.
“Ons kan nie vir die mense voorskryf wat om te doen nie, maar ons kan hulle al die opsies gee en saam met hulle daardeur gaan,” sê Jill.
Praktiese wenke
- Dra ’n notaboek met jou saam en skryf neer wat mense vir jou sê.
- Gebruik Post-it-papiertjies om jou aan dinge te herinner.
- Doen een ding op ’n slag.
- Gebruik tydhouers wat ’n harde geluid maak as jy kook om jou te herinner dat jy kos op die stoof het.
- Doen dinge stadig en deeglik.
- Moenie skaam wees om vir hulp te vra nie.
- Bly besig. Doen dinge wat jy geniet.
- As jy sukkel om te lees, luister na oudioboeke.
- Sluit by ’n ondersteuningsgroep aan.
Meer inligting
- Gaan loer op www.livewellsa.co.za vir geriewe spesifiek vir alzheimerlyers
- Vir meer inligting besoek www.alzheimers.org.za of bel die hulplyn by 0860 102 681