Medisyne vir depressie kan duur wees, maar hier’s ‘n lys aanvullende behandelings wat gratis is.
Anne Marais
Bespaar só op kostes
Die Suid-Afrikaanse Depressie-en Angs-steungroep se wenke om jouself te help:
1 Staan elke dag vroeg op en trek aan.
2 Kry genoeg slaap.
3 Vestig ‘n roetine.
4 Eet gebalanseerd.
5 Vermy alkohol, dwelms en selfs medikasie wat nie aan jou voorgeskryf is nie. Laasgenoemde kan met die werking van jou chroniese medikasie inmeng.
6 Kry genoeg oefening.
7 Bou ‘n ondersteuningstelsel met vriende en familie.
8 Vermy negatiwiteit en negatiewe mense.
9 Hou ‘n joernaal.
10 Hou jou met genotvolle aktiwiteite besig soos om opbouende boeke te lees, musiek te luister en stokperdjies te beoefen.
11 Raak betrokke en doen vrywilligerswerk in jou gemeenskap.
12 Stel realistiese doelwitte.
13 Lees oor jou siekte.
14 Praat oor wat jou pla, eerder as om op te krop.