Gedink net tieners sukkel met aknee? Dink weer!
Vrouekeur-span
Oorsake
Ongeveer een uit elke vyf vroue tussen die ouderdom van 25 en 40 sukkel met volwasse aknee. Aknee ontstaan gewoonlik met swart koppies. Swartkoppies is die resultaat van olie, dooie selle en bakterieë wat in porieë opbou. Dit word swart sodra dit aan lug bloot gestel word.
Volwasse aknee kan verskeie oorsake hê, onder meer stres, ’n hormoonwanbalans, voor behoedpille, verkeerde velsorgprodukte, ens.
’n Allergiese reaksie kan ook die oorsaak van volwasse aknee wees.
Volwasse aknee kan ook geneties wees.
Aknee is nie die gevolg van swak higiëne nie.
Wenke
1 Probeer om sagkens van swartkoppies ontslae te raak. Moenie jou vel te hard skrop of ’n te growwe skroproom gebruik nie. Dit kan inflammasie veroorsaak en die stand van sake vererger.
2 Moenie velprodukte wat vir tieners bedoel is vir jou volwasse aknee gebruik nie. Dit sal nie werk nie.
3 Dra so min as moontlik grimering wanneer jy oefen.
4 Sjokolade en kitskos veroorsaak nie aknee nie! ’n Gebalanseerde dieet sal wel help om jou vel in ’n goeie toestand te hou.
5 Gebruik sonrome en bevogtigers wat olievry is.
6 In gevalle van erge aknee is dit wys om ’n dermatoloog te gaan sien.
SOURCES
Verskaf