’n Mens drie keuses wanneer jy by die werk met ’n boelie te doen het: jy kan bedank, siek word, of jouself saam met die boelie bestuur.
Vrouekeur-span
Hier is ’n paar wenke:
- Wees vriendelik, selfversekerd en kalm wanneer jy ’n boelie benader.
- Moet nooit ineenkrimp en hom laat sien dat jy skrikkerig is nie.
- Wees ferm en stel duidelike grense. “Dit is die enigste manier om ’n boelie se respek te verdien,” sê Roberta.
- Wees selfhandhawend wanneer jy alternatiewe aan ’n boelie stel, maar moet hom nooit direk uitdaag nie.
- Hou by die inligting wat bespreek moet word. Moet nooit die gesprek ’n emosionele verloop laat neem nie.
- Luister goed en stem op sommige plekke saam, maar stel jou standpunte duidelik.
- Berei jouself goed voor voordat jy met ’n boelie praat deur presies te weet watter uitkomste jy van die gesprek verwag en bly daarop gefokus.
- Erken wanneer hy reg is. ’n Boelie sal dit respekteer as jy sy sterk punte raaksien.
SOURCES
Verskaf