Rus vir jou gemoed is net so belangrik soos ontspanning vir die liggaam. ‘n SPA-besoek is nie net ‘n lekker bederf nie, maar ook nodig!
Natasha van Wyk
Spa’s A-Z
Daar is meer as 140 spa’s in Suid Afrika wat dag- en bestemming-spa’s met verblyf insluit en by die Suid-Afrikaanse Spa-vereniging (SASA) geregistreer is. Slegs geregistreerde spa’s mag hulself ‘n spa noem.
Besoekers aan spa’s met die SASA-letternaam het gemoedsrus. Klagtes en komplimente kan by SASA aangemeld word.
Vir meer inligtig besoek www.saspaassociation.co.za of skakel 011 447 9959 om uit te vind of jou naaste spa deel van SASA is.
Skoonheidsterapie – die roeping vir jou?
Die Beauty Therapy Institute @Sorbet in Rivonia, Johannesburg, gee jou die kans om jou kennis van velsorg, massering of naelterapie in die professionele bedryf te verbeter.
Skoonheidskenner Sandy Roy is die eienaar en direkteur van hierdie internasionaal erkende en geakkrediteerde onderwys- en opleidingsgroep, Beauty Therapy Institute.
Sandy sê deur ‘n kombinasie van kursusse te voltooi, kan leerders kwalifiseer as skoonheids- of velsorgterapeute en hul eie praktyk stig.
Besoek www.beautytherapyinstitute.co.za vir kursusse, jou naaste kampus en koste.
Masserings van regoor die wêreld
Volgens SASA is stres tans die hoofrede vir meeste spa-besoeke, en ‘n massering die gekose behandeling.
THAISE MASSERING
Thaise massering is deur ‘n kombinasie van Oosterse kulture en mediese tradisies beïnvloed. Praktisyns wêreldwyd het verskillende teorieë en roetines rakende hul eie Thaise masseringsmetodes. Lanna Lifestyle Spa in Montecasino se metode kan as ‘n soort passiewe vorm van joga gesien word. Geen olie word gebruik nie. Die terapeut beweeg jou lyf in verskeie posisies, vanaf jou voete tot jou nek en skouers. Die doel is om met die Zen- of energiekontoere van die lyf te werk en so die energievloei te harmoniseer. Jou serotonienvlakke verhoog, wat totale ontspanning verseker.
RUSSIESE MASSERING
Hierdie massering fokus op die spiere vir ‘n diep en intense ervaring. By Lanna Lifestyle Spa word dié massering deur ‘n Russiese terapeut gedoen. Die terapeut begin deur op jou rug te staan en enige skete uit te “trap” voor die lyfmassering begin. Enige probleemgebiede kry meer aandag. Jy kan verwag om kraakgeluide te hoor soos jou lyf geknak word en jou spiere kan effens seer wees na só ‘n massering. Tog is die langtermynvoordele van só ‘n diep massering
die tydelike ongemak werd.
Perfek vir dié wat ure voor ‘n rekenaar of by die lessenaar deurbring.
EGIPTIESE MASSERING
Die Journey to HathorTM-lyfbehandeling by The Pyramid Day Spa is ‘n ervaring op ‘n spirituele vlak. Hierdie massering vernuwe jou gees en inspireer jou siel. Die behandeling reinig jou van buite en binne. Die behandeling begin met die kies van ‘n gekleurde klippie. Elke kleur het ‘n ander emosionele betekenis wat die terapeut sal verduidelik. Jou lyf word geskrop, daarna met ‘n lap van sy bedek en dan volg ‘n heerlike massering. ‘n Kopmassering beëindig die behandeling. Besoek www.lannaspa.co.za en www.pyramiddayspa.co.za vir meer inligting
As jy jou geliefde met ‘n massering tuis bederf, onthou om nooit op die ruggraat te masseer nie! Werk slegs weerskante daarvan.
‘n Wilde Ervaring
By Kloofzicht Spa in die Cradle of Humankind kan jy luuksheid ervaar terwyl jy masseer word met ‘n uitsig op hartebeeste, sebras en verskeie ander wilde spesies wat langs die Zwartkopsberge wei. Totale stilte en vrede verwelkom jou wanneer jy by Kloofzicht se hekke inry. Bring ‘n aand hier deur met ‘n oornagpakket wat heerlike behandelings, verblyf en etes insluit. Die spa het ook ‘n Taster Menu waar jy ‘n verskeidenheid van 30-minute behandelings kan ervaar as jy nie tussen die talle behandelings kan besluit nie.
Besoek www.kloofzichtspa.co.za vir meer inligting.
Breek Weg vir hierdie Uitsig
Mount Grace Country House & Spa is ‘n luukse ervaring wat jy nie kan misloop nie!
Geleë tussen die Magaliesberge, ‘n uur uit Johannesburg of Pretoria, kan jy hier ‘n vreedsame en rustige uitstappie verwag.
Maak ‘n draai by die spa – hidroterapietuine, ‘n dryfswembad en ‘n verhitte buitejacuzzi wag vir jou. Met 15 verskillende masserings en gesig- en lyfbehandelings asook ‘n uitgebreide spaspyskaart vir mans, is jy verseker om iets te vind wat vir jou werk. Behandelingskamers vir paartjies is ook beskikbaar.
Bespreek ‘n piekniek ná jou spabesoek en ontspan luilekker langs die rotspoele en watervalle terwyl jy ‘n feesmaal geniet.
Besoek www.mountgrace.co.za en laai die spaspyskaart af of bel 014 577 5600 vir besprekings en tariewe. Gratis WiFi beskikbaar. Kinders bo 12 jaar is welkom. Onthou om vooraf vir spabehandelings te bespreek om teleurstelling te voorkom.
SOURCES
Verskaf