‘n Souttert is altyd ‘n treffer. Probeer hierdie lekker kombinasie
6 porsies
klont botter
2 uie, fyngekap
5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
250 g (1 pakkie) bladspek, gekap
1 5 ml (1 e) vars pietersielie, gekap
2 50ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
5 ml (1 t) droë mosterdpoeier
30 ml (2 e) blatjang
5 00 ml (2 k) vars witbroodkrummels
sout en peper na smaak
500 ml (2 k) volroommelk
4 eiers
Stel oond op 180 °C.
- Smelt botter en soteer uie en knoffel daarin tot sag. Voeg spek by en soteer tot gaar. Verwyder van hitte.
- Meng pietersielie, kaas, mosterdpoeier, blatjang, broodkrummels, sout en peper by spekmengsel.
- Klits melk en eiers en voeg by spekmengsel. Roer deur.
- Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 45 minute of tot in middel gestol.
- Sit warm voor.