Willie Burger kyk hierdie week na …
Deon Meyer se Kobra
Mens durf nie te veel oor Deon Meyer se Kobra skryf nie. Almal wat van speurrillers en van Bennie Griessel hou, gaan dit in elk geval lees. Natuurlik durf ’n mens ook nie iets van die storie vertel nie, want dit sal maar ’n vaal weergawe wees vir almal wat die boek gelees het, of dit sal bloot die leespret bederf van diegene wat dit nog nie gelees het nie. Vir laasgenoemde kan ek bloot sê: Lees dit! Jy sal nie spyt wees nie. In Kobra tel Griessel die spoor van “Kobra” op ’n grieselrige toneel van ’n huurmoord en ontvoering op, maar dit neem lank om agter te kom wie ontvoer is en waarom hy ontvoer is. Tot aan die einde van die Koue Oorlog was die slegte ouens in misdaad- of spioenasierillers meestal kommuniste (Russe). In die 1990’s was die skurke dikwels dwelmhandelaars (ook baie keer Russe). Deesdae, veral sedert die bankkrisis van 2008, is die skurke in speurrillers geldgierige bankiers. Natuurlik is hulle nie self die ouens wat in stegies rondsluip en mense ontvoer of doodskiet nie, hulle het immers genoeg geld om hoogs professionele moordenaars te huur. Hulle kan ook meer gesofistikeerde toerusting verskaf as wat baie lande se regerings kan bekostig. Nog belangriker is dat hul geld ook vir hulle die nodige beskerming teen regerings en polisiemagte kan bied. Waar die groot geld van internasionale bankdienste betrokke is, volg korrupsie immers vinnig en natuurlik is geen regeringsamptenaar of politikus te vertrou nie en die hoop val op ’n enkele, eerlike polisieman – soos Bennie Griessel – om alles te ontrafel. Maar die bekende en geliefde Bennie, met sy menslike eienskappe en tekortkominge, het nie slegs ’n ongelyke Dawid-stryd teen die internasionale, geldgierige Goliats nie, hy sukkel ook met sy eie tekortkominge – ook in sy verhouding met Alexa. Net om sake nog ingewikkelder te maak, raak daar ook ’n gewone, kleinskaalse
Nuwe stories 2 (onder redaksie van Suzette Kotzé- Myburgh en Leti Kleyn)
Terwyl Deon Meyer ’n gesoute verteller is wat reeds internasionale sukses ken, is dit maar ’n lang pad vir jong skrywers om hul vertelvaardighede te slyp. Aspirantskrywers kan natuuurlik maar op hul eie voortsukkel en die kommentaar van ’n paar vriende op hul skryfsels vra en heel dikwels is die voornemende skrywers bitter teleurgesteld as hulle nie hul werk gepubliseer kan kry nie. ’n Ander manier is om ’n skryfkursus aan een van die talle skryfskole in die land te volg. Maar daar is nóg ’n interessante manier moontlik gemaak – op Litnet. ’n Toegewyde ruimte op Litnet bied die geleentheid vir entoesiastiese aspirantskrywers om hul stories aan ’n mentor se kommentaar bloot te stel (ten aanskoue van al die ander wat die proses volg). Dit is ’n baie interessante leerproses waar elkeen uit sy/haar eie foute, uit die kommentaar op hul eie stories, maar ook uit die kommentaar op ander se stories kan leer. Deur hierdie intensiewe blootstelling het talle jong skrywers se verhale vinnig ontwikkel en 20 van hierdie verhale is gekeur en deur Human en Rousseau as Nuwe stories 2 uitgegee. Soos Nuwe stemme vir digters publiseerkans bied, gee Nuwe stories ’n wegspringplek vir jong prosaskrywers. Hierin kan jy opwindende verhale oor bykans enige tema lees. Vk Kaapse sakkeroller betrokke wat salig onbewus van die omvang van sy dade is en wat dink hy kan internasionale boewe met sy plannetjies uitoorlê. Uiteindelik lees almal hierdie soort boeke omdat dit so lekker is om by die spanning betrokke te raak en meegevoer te word deur die skrikwekkende wêreld rondom ons waarvan ons nie eens weet wanneer ons daagliks ons PIN-kodes by OTM’s intik nie. Verder identifiseer ons met Bennie se menslikheid. Die geloofwaardige en gedetailleerde beskrywings van hoe misdadigers te werk gaan, van hul meedoënloosheid, is uiteindelik ’n waarskuwing teen die skadukant van ons moderne en tegnologies gevorderde omgewing. Hierdie skadukant word gestel teenoor die belangrike eienskappe van menslikheid, die behoefte aan liefde, aan geluk op ’n klein, huislike skaal en die behoefte aan waarheid en eerlikheid tussen gewone mense. Uiteindelik is dít waaroor dit gaan vir Tyrone, vir Bennie, vir jou en my: om met menslikheid te oorleef, met medemenslikheid in ’n wêreld van ongelooflik gevorderde tegnologiese prestasies en voorspoed wat tegelyk ook ’n komplekse mensgemaakte monster is wat juis ons menslikheid bedreig. Maar daaroor hoef jy nie eens te dink nie. Geniet dit net om saam met Bennie te bly raai en soek en jou naels te byt. Nuwe stories 2 (onder redaksie van Suzette Kotzé- Myburgh en Leti Kleyn) Terwyl Deon Meyer ’n gesoute verteller is wat reeds internasionale sukses ken, is dit maar ’n lang pad vir jong skrywers om hul vertelvaardighede te slyp. Aspirantskrywers kan natuuurlik maar op hul eie voortsukkel en die kommentaar van ’n paar vriende op hul skryfsels vra en heel dikwels is die voornemende skrywers bitter teleurgesteld as hulle nie hul werk gepubliseer kan kry nie. ’n Ander manier is om ’n skryfkursus aan een van die talle skryfskole in die land te volg. Maar daar is nóg ’n interessante manier moontlik gemaak – op Litnet. ’n Toegewyde ruimte op Litnet bied die geleentheid vir entoesiastiese aspirantskrywers om hul stories aan ’n mentor se kommentaar bloot te stel (ten aanskoue van al die ander wat die proses volg). Dit is ’n baie interessante leerproses waar elkeen uit sy/haar eie foute, uit die kommentaar op hul eie stories, maar ook uit die kommentaar op ander se stories kan leer. Deur hierdie intensiewe blootstelling het talle jong skrywers se verhale vinnig ontwikkel en 20 van hierdie verhale is gekeur en deur Human en Rousseau as Nuwe stories 2 uitgegee. Soos Nuwe stemme vir digters publiseerkans bied, gee Nuwe stories ’n wegspringplek vir jong prosaskrywers. Hierin kan jy opwindende verhale oor bykans enige tema lees. Vk