Party mense kan al hul sub A-maats onthou. Jy onthou net die horribale groen rok wat amper op jou enkels gehang het. Maar het jy geweet slaap kan die oorsaak van jou swak geheue wees?
Deur ZERELDA ESTERHUIZEN
Jou herinneringe kan verdwyn as jy nie genoeg slaap nie, sê ʼn nuwe studie.
Wetenskaplikes verbonde aan die John Hopkins-universiteit het muise bestudeer en gevind dat ʼn sleuteldoelwit van slaap is om die breinselle te herkalibreer wat vir leer en geheue belangrik is. Slaap is nodig om die lesse wat ʼn mens (of muis) leer te vestig in jou brein sodat jy dit daarna weer kan gebruik.
Die studie se resultate verskyn in die Science-joernaal. Die navorsers het ook verskeie belangrike molekules gevind wat die herkalibrasieproses beheer en ook dat slaapversteurings en slaappille met die proses kan inmeng.
Die studieleier dr Graham Diering sê die studie het die idee bevestig dat die brein net soveel inligting kan stoor voor dit moet herkalibreer. As jy nie slaap nie, kan hierdie herkalibrasie nie plaasvind nie en jou herinneringe kan verlore gaan.
Science-joernaal