Hou jy van beplan? Oorweeg dit dan om ’n geleentheidsorganiseerder te word Deur TANYA DE VENTE-BIJKER
Om ’n geleentheidsorganiseerder te wees, is nie kinderspeletjies nie. Amanda Rogaly, besturende direkteur van Kadora Events and Communication, weet, want sy doen dit al amper tien jaar. “As geleentheidsorganiseerder beplan ek verskillende soorte byeenkomste, van ’n gala-ete en konferensie tot ’n promosietoer of selfs bekendstellings van nuwe produkte,” sê sy. Sy verduidelik die kliënt kom na haar maatskappy met ’n versoek en daarna doen sy en haar span alles van begin tot einde. “Ons stuur uitnodigings uit, doen die tafelplasings, soek ’n gepaste spyskaart en onthaallokaal en doen vlugbesprekings vir gaste wat van ver kom. Die geleentheidsorganiseerder sorg dat dinge vir die kliënt gebeur.
OPLEIDING
Amanda het hotelbestuur by ’n hotelskool gestudeer, want sy het daarvan gedroom om haar eie hotel oop te maak. As deel van haar internskap het sy by ’n geleentheids organiseringsmaatskappy (events company) begin werk. “Ek het elke oomblik ge niet. Dit was vir my wonderlik. Ek weet vandag ek is vir hierdie werk gemaak. Dit is so bevredigend.” Sy beveel ’n studie in skakelwese, be marking of gasvryheidstudies aan. Daar is ook naskoolse geleentheidsbe stuur kur susse. Volgens Nicole Finney van Oakfields College kan ’n eenjaarkursus in geleentheidsbestuur jou sowat R30 000 kos. Amanda het eers ’n paar jaar vir ’n baas gewerk om ondervinding op te doen voor sy besluit het om haar eie onderneming te begin. “Ses jaar terug het ek in my ma se studeerkamer begin werk, vandag het ons ons eie kantore. Dit was ’n groot en waaghalsige stap, veral om van ’n vaste salaris weg te stap, maar dit was die moeite werd.”
RAAD
Praktiese opleiding is baie belangrik, meen sy. “Dit is een van die sleutelfaktore waarna werkgewers kyk. Begin so gou as moontlike ervaring opdoen, selfs al help jy net tafels dek of versier. Hierdie bedryf gaan oor verhoudings – leer mense ken en maak kontakte.” Haar maatskappy bied ook elke ses maande internskappe vir studente aan. Sy glo daar is genoeg werksgeleenthede in hier die rigting in Suid-Afrika, solank jy bereid is om hard te werk.
INKOMSTE
Amanda sê ’n mens kan ’n beginsalaris van R7 500 tot R12 500 verwag. Met ongeveer drie tot ses jaar ervaring kan jy tussen R13 000 en R20 000 per maand verdien. Ná meer as sewe jaar in die bedryf kan jou salaris na R30 000 tot R65 000 per maand opskuif.
WIE SAL DIT GENIET?
Jy moet genoeg selfvertroue hê. “Jy moet daarvan hou om met mense te werk, geduldig en prakties wees en aandag aan detail kan gee,” sê Amanda. Sy erken jy moet baie presies wees. “Ek sal alles vir ’n geleentheid weer en weer deurgaan om seker te maak niks loop verkeerd nie. “Jy moet ook bereid wees om lang ure te werk, want in hierdie bedryf bestaan daar nie iets soos kantoorure nie. Ons werk naweke en openbare vakansiedae. Soms vertrek jou vliegtuig 06:00 in die oggend en kom jy eers teen middernag in die bed. Jy is só besig dat jy vergeet om water te drink, maar dit is heerlik. Ons is ’n ongelooflike span wat baie goed saamwerk.” Amanda glo mense wat nie daarvan hou om met ander mense te werk of nie van verandering hou nie, moet liewer nie hierdie beroep volg nie. Sy sê haar werk mag dalk vir ander glansryk lyk, maar dit is eintlik baie harde werk. “Ek staan baie vroeg op en dra self baniere en tafels rond. In hierdie beroep word jou hande vuil.” ’n Tipiese dag by die kantoor word gevul deur vergaderings met potensiële en bestaande kliënte. “Ek moet aanhoudend nuwe besigheid soek en omdat dit my maatskappy is, moet ek ook baie admin doen. “As die kliënt egter tevrede is en vir my dankie sê, maak dit my werk die moeite werd. Dis lekker om by ’n geleentheid agter die skerms te staan en te sien hoe dinge vlot verloop. Dan slaak ek ’n sug van verligting.” Sy sal nooit by ’n geleentheid kan ontspan nie. “Jy moet heeltyd paraat wees. Enigiets kan enige tyd gebeur.” Vk
Instansies waar jy kan studeer: www.cmpnetworksa. co.za, www.damelin.co.za, www. oakfieldscollege.co.za, www.intec.edu.za, www.collegesa.co.za, www.monash.ac.za