Hierdie ontbytgraanblokkies met witsjokolade, bosbessies en lemoen is perfek as oggendhappie met koffie of bykos vir middagete by die lessenaar. Dit is ook ´n oulike geskenk in ´n bottel of mooi boksie
Aantal: 20 blokkies (afhanklik van grootte)
Voorbereiding: 15 minute
Tyd om af te koel: 2 uur
Bestanddele
1 pakkie Beacon pienk en wit malvalekkers
4 eetlepels botter
1 eetlepel lemoenskil, gerasper
3 koppies Jungle Crunchalots, oorspronklike geur
3 koppies Jungle Energy Clusters, bosbessie-geur
¾ koppie gedroogde bosbessies, grofgekap
1 koppie witsjokolade in brokkies/klontjies
Metode:
- Voer ´n losboomkoekpan met waspapier uit.
- Verhit botter, lemoenskil en malvalekkers in ´n groot pot oor lae hitte. Roer totdat malvalekkers heeltemal gesmelt het.
- Verwyder van die stoof en roer die ontbytgrane in. Meng goed.
- Wanneer die mengsel begin afkoel, maar nog warm is, kan jy die droë bosbessies en witsjokoladestukkies byvoeg.
- Skep die mengsel in die pan en stryk dit glad. Laat dit effens stol en sny dit dan in blokkies.
- Laat dit afkoel totdat dit mooi styf is.
Sjef se wenk!
Sprinkel nog witsjokolade en ´n bietjie wit glinsterstrooisel voor opdiening bo-oor. ´n Lekker projekkie vir jou kinders.