Wat maak jy vir die mense wat jy liefhet? Bak vir hulle iets heerlik uit dié buitengewone resepteboek.
In ’n wêreld van massaproduksie en additiewe is dié boek oor regte vakmanskap ’n vars briesie vir gebak.
OOR DIE OUTEUR
Mareli was die wenner van die eerste Koekedoor 2015. Sy is ’n boervrou van Douglas en leef haar passie vir kos uit deur spyseniering vir groot funksies en troues. Sy tree ook landwyd op by feeste en skoue en die gehoor is gaande oor haar vriendelike en spontane persoonlikheid.
Sy is bekend vir die ongelooflike mooi troukoeke wat sy bak en versier. Ook het sy ’n liefde vir tuisgebakte brood en ander suurdeeggebak.
Willie is professor in letterkunde aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer van Die wêreld van die storie (2018), ʼn boek oor storievertelling. Willie het oor die afgelope 20 jaar om en by 300 boeke in verskeie dagblaaie en tydskrifte geresenseer. Hiervoor is hy in 2015 met die Caxton Excellence Award vir sy resensies in Vrouekeur erken en in 2016 is die kykNet-Rapport-toekenning as “Boekresensent van die jaar” aan hom toegeken en in die daaropvolgende jare was hy elke jaar op die kortlys vir dié prys. Gedurende 2018 was het hy die boekinsetsel op kykNet se Groot Ontbyt-program aangebied. Met sy resensies en rubrieke probeer hy om literêre navorsing ook buite die grense van die akademie te versprei.