Benodigdhede
Oorskiet-katoendubbeldraad in kleure van
jou keuse asook groen vir die stammetjies
3,5 mm-hekelpen
Naald om drade mee weg te werk
Sosatiestokkies
Gomgeweer en gomstafies
Snoeiskêr of handsagie
Knopies of pêrels (opsioneel)
Afkortings
dr – draai; dsl – dubbelslagsteek; h/af – heg af; herh – herhaal; hlb – halflangbeen; kb – kortbeen; ks – kettingsteek; lb – langbeen; st – steek; vlg – volgende
Aanwysings: Roos
Met 3,5 mm-pen en dubbelbreidraad, hekel 131 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen en in vlg 21 ks, 1 hlb in vlg 32 ks, 1 lb in vlg 44 ks, 1 dsl in vlg 32 ks, dr.
2de ry: 2 ks, slaan 1 st oor, *6 lb in vlg st, slaan 1 st oor, 1 kb in vlg st, slaan 1 st oor, herh van * tot einde. H/af.
1 Werk die los drade weg. Begin by die smal punt en rol die strook geleidelik op om ’n rosie te vorm. Werk wendings aan die onderkant vas soos jy die strook oprol.
2 Werk ’n knopie of pêrel in die kern van die rosie vas indien verkies.
Stammetjie
Met 3,5 mm-pen en groen dubbelbreidraad, hekel 50 ks.
1ste ry: 1 kb in 2de ks vanaf pen en in elke ks tot einde, dr.
2de–4de ry: 1 ks, 1 kb in elke kb tot einde, dr.
1 Werk los drade weg. Vou die gehekelde strook om die sosatiestokkie en werk met oorhandstekies vas.
2 Knip of saag die skerp punt van die stokkie met die snoeiskêr of handsagie af.
3 Gom die punt van die stokkie aan die onderkant van die roos vas en laat afkoel.
4 Hekel nou ’n hele klomp rose wat jy nie eers water hoef te gee nie!
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.