Daar is niks soos ‘n manikuur en mooi geverfde naels om jou goed te laat voel nie maar mens moet ook versigtig wees oor watter naelprodukte jy gebruik. Sommige kan baie nadelig wees vir jou gesondheid.
Volgens navorsing deur die National Chemicals Notification and Assessment Scheme in Australia (NICNAS), is sekere chemikalieë soos dibutylftalaat (DBP), formaldehied en tolueen wat in sekere naelprodukte voorkom om seker te maak dit hou lank, word vinnig droog en bied pragtige helder kleure, skadelik en kan ernstige gevolge vir jou gesondheid inhou. N.a.v. die navorsing deur NICNAS, word daar beweer dat dibutylftalaat die risiko om kanker te kry en geboorteafwykings kan verhoog. Formaldehied kan ook kanker veroorsaak en tolueen kan na bewering die senuweestelsel en brein aantas. Hierdie chemikalieë word in ‘n verskeidenheid algemene kosmetiese produkte gevind en is nie iets waaraan ‘n mens noodwendig dink waneer jy die perfekte skakering naellak kies nie, maar dit behoort te wees!
ORLY Internasionaal wat in 1972 deur Jeff Pink, die skepper van die oorspronklike Franse manikuur, gestig is, het in 2007 besluit om Formaldehied, dibutlftalaat en tolueen van hulle naellak en naelversorgingsprodukte te verwyder.
Waarna moet jy kyk?
‘n Mens moet altyd na die naellakbottel kyk. ORLY het ‘n volledige lys bestanddele aan die onderkant van elke naellakbottel. Hul naellakreeks sluit nie een van die drie skadelike chemikalieë in nie en dit maak ORLY een van die veiligste naelproduk handelsmerke wêreldwyd.
Ter ondersteuning van Borskankerbewustheidmaand in Oktober, probeer gerus ORLY Color Blast in Ultra Pink Crème of Fruity Pink Neon as jy mal is oor helderpienk kleure!
ORLY Color Blast naellak kos R106 vir 11ml. Bestel aanlyn by www.indiGlow.co.za of kontak 021 945 2566 vir meer inligting.