Is dit geloof? Is dit geld? Is dit goeters? ‘n Monnik sê dis eintlik heel eenvoudig …
Matthieu Ricard, ‘n Tibettaanse Boeddhiste-monnik is glo die wêreld se gelukkigste man. Hy het aan ‘n studie van 12 jaar-oor meditasie en barmhartigheid aan die Universiteit van Wisconsin deelgeneem.
Matthieu wat in ‘n klooster in Nepal woon, sê hy ken baie gelukkige monnike en glo nie hy is werklik die gelukkigste nie, maar navorsers dink anders …
Die neurowetenskaplike Richard Davidson het meer as 200 sensors aan Matthieu gekoppel terwyl hy oor barmhartigheid gemediteer het. Daar is bevind dat sy brein ‘n vlak van gammagolwe vervaardig wat nog nooit vantevore gesien is nie. Gammagolwe word met bewustheid, aandag, studie en geheue verbind.
Die skanderings het ongelooflike aktiwiteit in sy linker- prefrontale korteks opgetel wat aan hom ‘n verhoogde kapasiteit vir geluk bied en ‘n baie lae neiging tot negatiwiteit.
Wat is sy geheim? Hy sê goedhartigheid is die sleutel en dat jy vir 15 minute aanhoudend gelukkige gedagtes moet dink. Nog ‘n ding is dat jy jouself nooit met ander moet vergelyk nie. Vergelyking maak net jou geluk dood, is sy raad.
Bron: http://www.independent.co.uk