Nee, dis nie die mooiste, die suksesvolste of die rykste nie. Hoe gaaf jy is, is glo ‘n bonus vir jou liefdeslewe
DEUR: Zerelda Esterhuizen
Gawe mense het glo die meeste seks. Dit is volgens ‘n nuwe studie wat in die The British Journal of Psychology gepubliseer is.
Mans en vroue het aan ‘n reeks toetse deelgeneem en hul vlakke van altruïsme is getoets.
Hoe gawer die persoon was, hoe meer seks het hulle gehad.
Volgens die wetenskaplikes maak die uitslag eintlik sin. In die primitiewe jagter-versamelaar-kulture, het ‘n man se vermoë om na sy groep terug te keer en vrygewig met sy buit te wees van hom ‘n meer gesogte maat gemaak.
Dit is dus op verbasende plekke goed vir jou as jy goed vir ander mense is, sê die navorsers.
BRON: http://jamaica-gleaner.com