Moenie alleen voel nie. Daar is baie soos jy.
Daar is egter ‘n dimensie van skinderstories waar emosionele misbruik oorgaan in sg. gasbeligting, gebaseer op die verhoogstuk “Gaslighting”. Volgens kliniese sielkundige, Jorgan Harris sal karaktermoordenaars in uiterste gevalle eers seker maak dat jy in jouself twyfel voordat hulle jou in die openbaar bloot sal stel, sodat jy emosionele selfmoord kan pleeg. En wat hulle gebruik, is onder andere gasbeligting: “Gasbeligting is ‘n vorm van emosionele misbruik waarin die misbruiker die situasie herhaaldelik manipuleer om die slagoffer te kry om sy of haar eie geheue en persepsies te wantrou. Dit laat die slagoffer alles waarop hulle hul hele lewe staat gemaak het bevraagteken en maak hulle onseker van alles. Gasbeligting sal heel waarskynlik veroorsaak dat die slagoffer alles sal glo wat die misbruiker vir hulle vertel ongeag hulle eie ervaring van die situasie”. Is jy dalk ‘n slagoffer van gasbeligting? Kyk uit vir die volgende tekens:
- Jy bevraagteken jouself gedurig
- Jy wonder of jy oorsensitief is
- Jy vra gedurig om verskoning
- Jy voel verward en sukkel om besluite te neem
- Jy weet nie hoekom jy ongelukkig is nie
- Jy maak dikwels verskoning vir jou maat se gedrag
- Jy voel asof jy niks reg kan doen nie
- Jy voel asof jy nie goed genoeg is vir ander nie
- Jy kom agter dat jy voorheen gelukkiger en meer ontspanne en vol selfvertroue was
- Jy weerhou inligting van vriende en familie, sodat jy nie verduidelikings hoef te gee nie
Bykomende bron: www.davidwolfe.com