Die Kaapse wynlande se kulinêre landskap spog met ‘n nuwe baken, met die bekroonde sjef, Eric Bulpitt, wat sy langverwagte nuwe restaurant, FABER, verlede week op Avondale wynlandgoed buite die Paarl geopen het.
Avondale is ‘n 300-jaar-oue plaas in familiebesit en bestuur wat geleë is op die Lustiganpad, Klein Drakenstein, Paarl – teen die hange van die Klein Drakensteinberge.
“Ek het nog altyd geglo dat ons as sjefs vakmanne is,” sê Eric, ter verduideliking van die naam FABER, die Latynse woord vir vakman of artisan. “Ons werk met ons hande; gebruik produkte van die lande. Dit is die perfekte manier om te beskryf wat ons doen en wie ons is.”
FABER is ook die samekoms van die breinkrag en passie tussen ‘n sjef en ‘n wynmaker, wat hulde bring aan die vakmanskap in die kombuis én die Avondale kelder. Dis geen verrassing dat Eric en Avondale se eienaar, Johnathan Grieve – met hul gedeelde verbintenis tot volhoubaarheid en toewyding tot hul nering – onmiddellik bymekaar aanklank gevind het toe hulle vroeg in 2016 ontmoet het nie.
“Dit was nog altyd een van ons doelwitte om ‘n restaurant op Avondale te open. Ons oorweeg dit al vir meer as 10 jaar, maar het nog nooit regtig die regte sjef gevind nie,” verduidelik Johnathan. “Ek glo vas dat wanneer energieë reg is, die vennootskap spontaan sal gebeur, maar tot op hede het dit nie gebeur nie. Toe ons vir Eric ontmoet, het ons geweet ons het die perfekte vennoot gevind.”
“Ons het soortgelyke oortuigings oor ‘n respek vir die natuur en ‘n natuurlike aanslag,” voeg Eric by. “Ons sal sy aan sy werk om die Avondale-storie deur die kos by FABER te vertel.”
Die Avondale-storie is een van die koestering van grondverskuiwende biodinamiese- en organiese boerderypraktyke, om wyne te produseer wat die terroir reflekteer; wyne wat hulde bring aan die grond waaruit hulle kom. Dieselfde geld vir die kos op Eric se splinternuwe spyskaart.
“Seisoenaliteit is die grondslag van die spyskaart: wat is in seisoen, wat is beskikbaar op die lande, wat is beskikbaar op die plaas en wat is nou geurig en vars,” sê hy. Eric hoef beslis nie ver te soek vir die varsste seisoenale produkte vir die FABER-kombuis nie. Avondale se organiese- en biodinamiese kostuin is reeds uitgebrei om vars groente en kruie vir die restaurant te lewer, terwyl steenvrugte en sitrus met die wisselende seisoene uit die plaas se boorde arriveer. Eiers word daagliks versamel van die ekovriendelike hoendermobiel waarin Avondale se vrylopende hoenders woon en binnekort sal die plaas ‘n standhoudende vloei braaihoenders en vrywei organiese bees na die kombuis verseker.
FABER restaurant is oop vir middagete van Woensdag tot Sondag en vir aandete op Vrydag en Saterdag. Vir besprekings en meer inligting, bel 021 202 1219 of e-pos [email protected]. Besoek www.facebook.com/FABER en volg faber_sa op Instagram.
Die bekroonde sjef, Eric Bulpitt, Eric se vrou en algemene bestuurder en, Celeste Bulpitt en Avondale se eienaar, Johnathan Grieve.
Die hoofgereg by die eerste middagete verlede week was Karoo lamskouer met pampoenpit-pesto, groen-groente en lente kruie.
Die spyskaart het die landgoed se wyne en Eric se kulinêre talente kombineer.
Die mobiele hoender-eenheid wat daagliks vir vars eiers sorg.
Bio-dinamiese en organiese boerderypraktyke het gesonde, vrugbare grond tot gevolg.
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.