Arme Pinocchio se neus het gegroei elke keer as hy gejok het, maar het jy geweet daar gebeur wel iets fisieks met jou as jy jok?
Met die dat Pinocchio se neus gegroei het elke keer as hy gejok het, het dit vir hom al moeiliker geword om leuens te vertel, maar die teenoorgestelde gebeur met mense.
Volgens ‘n nuwe studie verander ‘n mens se brein hoe meer jy jok en word dit vir jou makliker om spek te skiet.
Die studie, wat in die joernaal Nature Neuroscience gepubliseer is, het bevind die gedeelte van ons brein wat vir emosionele reaksies verteenwoordig is, die amigdala, reageer al minder hoe meer ‘n mens lieg. Met elke leuen wat jy vertel, word dit net makliker en voel jy minder skuldig.
Navorsers het verskeie scenario’s vir die studie se respondente opgestel. Daar is bevind dat leuens wat die respondent bevoordeel, kry nog minder reaksie van die amigdala. Dit beteken basies dat jou brein bedraad is om te jok as dit in jou eie belang is …
Nie ‘n baie gawe eienskap nie, nè?
As ‘n mens dus van nature ‘n leuenaar van formaat is, gaan dit baie moeilik wees om te verander. Maar dis dalk belangrik om hier dié sêding te onthou: Niks is onmoontlik nie.
BRONNE: Nature Neuroscience, www.teenvogue.com