Is jy dalk in ‘n fase waar jy voel asof jy jouself verloor het? Is jy verward oor wie jy is?
Lees gerus in die week se uitgawe van Vrouekeur meer oor identiteit, wat dit behels en hoe om jou identiteit te ontgin. Beantwoord die onderstaande vraelys om vas te stel of jy jouself verloor het:
1) Beskryf jou rol in die samelewing?
2) Wat is jou voorkeure en afkeure?
3) Watter waardes hang jy polities aan?
4) Hoe sien jy jou rol as vrou?
5) Hoe sien jy jou rol as ouer en eggenote?
6) Hoe sien jy jou beroepsrol?
7) Het jy vrede in jou hart oor wie jy is?
8) Weet jy waar jy inpas?
9) Hoe voel jy oor godsdiens?
10) Is jy tevrede met die wyse waarop jou lewe tot dusver verloop het?
As jy bogenoemde vrae met sekerheid kan antwoord is jy op ‘n goeie plek. As jy egter worstel rondom sekere van die kwessies, moet dit aangespreek word. Oorweeg dit om ‘n professionele sielkundige of selfs ‘n lewensafrigter te gaan sien om jou te help om die kwessies op te klaar. Belê in jouself! Dit is die moeite werd!