Hier is ’n paar dinge wat gedoen kan word om kop bo water te hou tydens uitdagende ekonomiese tye
Hou matigheid voor oë
‘n Uitspattige leefstyl is duur, lewe eerder in matigheid. Om jou leefstyl en doelwitte so nou en dan aan te pas is nie noodwendig sleg vir jou nie, veral as dit die huidige ekonomiese situasie van die land reflekteer. Daarom is dit tyd dat jy ‘n begroting opstel en by dit hou. Hou ‘n ogie op die items wat jy elke maand aankoop, sodat jy bewus is van wat jy spandeer. Dit stel jou ook in staat om alles wat onnodig is (soos verskeie luukshede) uit die weg te ruim. Selfs klein, oënskynlik onbenullige luukshede soos wegneem-koffie of sjokolade maak oor tyd ‘n groot verskil in jou begroting.
Moenie dat jou voete jeuk nie
Kies wat en waar jy koop
Die klein winkeltjie om die hoek het nie noodwendig die beste pryse vir jou sak nie. Doen jou huiswerk en besluit watter winkel die beste waarde vir watter aankope bied. Dit is nie net belangrik om te besluit waar jy sekere items moet koop nie, maar ook wat jy moet koop. As jy byvoorbeeld kyk na kos, is gemorskos (geproseseerde voedsel) nie altyd die beste vir jou gesondheid of jou beursie nie. Hou ook die weeklikse koerantadvertensies dop. Kettingwinkels het dikwels spesiale aanbiedinge wat die druk op jou sak ligter maak.
Spaar geld op krag, water en ligte
Mens word van kleins af geleer om spaarsamig te werk met krag, water en ligte. Klink hierdie wenke nie bekend nie’n
- Moenie die yskasdeur te lank oophou nie.
- Wees bewus van die energievrate soos die oond en die skottelgoedwasser.
- Sonkrag-geisers is beter as konvensionele geisers.
- Skakel alle lamp- en kragpunte af.
- Maak gebruik van lae-energie of LED-ligte.
- Moenie die krane te groot oopdraai of laat drup nie.
- Stort eerder as om te bad.
- Gebruik badwater vir die tuin.
Daar is eindelose maniere hoe energie en kostes bespaar kan word, besoek gerus die energiebesparingswebblad van Kaapstad vir nog opsies.
Raak ontslae van jou skuld
As gevolg van stygende rentekoerse gebeur dit deesdae dat jou skuld teen die spoed van wit-lig ophoop. Prioritiseer jou doelwitte om oortollige skuld te vereffen. Dit is beter om korttermynskuld met hoë rentekoerse eerste af te betaal, soos byvoorbeeld klererekeninge en lenings. As jy ‘n hoop skuld het moet jou eerste priorteit wees om ontslae te raak daarvan. Dit sal jou vry maak van maandelikse verpligtinge wat jou kontantvloei opvreet.
Gebruik hierdie wenke om jouself beter finansieel voor te berei wanneer die land se ekonomie ernstig begin byt. Indien jy egter reeds oorweldig is met jou skuld, kontak DebtSafe se span om jou by te staan met hulle doeltreffende skuldhersieningsprogram.
Webwerf: http://www.debtsafe.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/DebtSafe/
Twitter: https://twitter.com/DebtSafe