Het jy ‘n droom wat jy graag verwesenlik. Het die lewe jou ‘n streep getrek en jou kanse om jou droom te verwesenlik gesteel. Skep moed!
Daar is talle verhale van mense wat eers op ‘n later stadium sukses behaal het. Lees gerus meer hieroor in die week se uitgawe van Vrouekeur. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou drome binne jou bereik is en of jy onontginde potensiaal het:
1) Leef jy jou passie uit?
2) Weet jy waar jou gawes lê?
3) Leef jy ‘n vervulde lewe?
4) Het jy al die doelwitte bereik wat jy wou bereik het in jou lewe?
5) Is jou lewe sonder enige leemtes?
6) Het jou lewe sin?
7) Glo jy in jouself?
8) Is jy bereid om hard te werk om jou droom te verwesenlik?
9) Leef jy jou droom?
10) Glo jy dat dit moontlik is om jou droom te verwesenlik?
11) Is alle aspekte in jou persoonlikheid ontgin?
12) As jy more sou sterf, sou jy met vrede in jou hart sterf?
13) Het jy al jou belangstellings ontgin?
14) Voel jy dat jy jou volle potensiaal as mens ontgin het?
15) Het jy tot dusver die geleentheid gehad om jou drome te verwesenlik?
Indien jou antwoord op bg. vrae meestal “ja” is, leef jy waarskynlik ‘n vol en vervulde lewe. Indien nie, is dit tyd om op te tree. Dit is nooit te laat nie. Begin vandag om iets te doen om jou situasie te verander. Gryp die dag! Gryp jou droom!