Hier is drie stelle geskenkkaartjies vir jou om af te laai!
Dit is weer hierdie tyd van die jaar – Kersfees is amper hier en dit beteken daar is ‘n paar geskenke wat toegedraai moet word. Ons het oulike geskenkkaartjies vir jou gemaak wat jy net kan uitdruk en aan jou geskenk vas sit!
Stappe:
- Druk die geskenkkaartjies uit op dik karton en knip dit uit
- Gebruik ‘n gaatjiepons om n gaatjie te druk
- Skryf jou briefie agterop
- Druk ‘n toutjie deur die gaatjie en sit dit aan jou geskenk vas!