Anna Davel maak musiek wat die sinne streel en die hart roer en deel haar resep vir ’n biltong-en-bokmelkkaas-slaai
‘Ek het eendag dié slaai met bestanddele in my yskas aanmekaargeflans. Ek het dit dadelik neergeskryf, want die kombinasie is heerlik!’
Dié pragtige vrou is baie besig op die verhoog en vertel sy maak selde kos. Sy hou baie van olywe, biltong, roketblare, seekos (garnale en oesters), knoffel, suurlemoen en olyfolie. Sy hou ook daarvan om koljander en neutmuskaat te gebruik.
Biltong-en-bokmelkkaas-slaai
4 porsies
Bestanddele
300 g (1 pakkie) wilde roket
4 agurkies (soet en suur), in blokkies gesny
250 g (1 bakkie) rosatamaties, gehalveer
200 g nat beesbiltong, gekerf
100 g (1 rolletjie) bokmelkkaas (Geluksfontein)
1 6 calamata-olywe (Romesco)
60 ml (4 e) Sicilian-slaaisous (Romesco)
Metode
- Pak slaaibestanddele op geskikte opdienbord.
- Bedien slaaisous saam met slaai.