Maak hierdie Kersfees tuisgemaakte toffies as geskenke. Verpak Dit skattig met ’n handgeskrewe etiket
Deur MARELI VISSER
Maak 80
570 ml (2¼ k & 2 t ) room
750 ml (3 k) suiker
360 ml (11/3 k & 2 e) gouestroop
80 g botter
5 ml (1 t) vanieljegeursel
5 ml (1 t) seesoutvlokkies
Voer ’n bakplaat met foelie uit en smeer dit met botter.
- Gooi room, suiker, gouestroop, botter, vanielje en 2,5 ml van sout in swaarboompot.
- Sit pot op stadige hitte en roer tot suiker opgelos is.
- Verhoog na matige hitte en kook tot goudbruin. Was gereeld suikerkristalle teen kant van pot met water en kwas skoon.
- Kook tot mediumbalstadium (121 °C).
- Gooi in bakplaat en sprinkel met orige seesoutvlokkies.
- Laat staan oornag op droë plek om hard te word.
- Verwyder uit pan en trek foelie af. Sny 2×2 cm-blokkies.
- Draai blokkies in waspapier in vierkantvorms toe en verpak in glasbottel.
- Bêre op koel plek.