Sukkel jy om die regte bra vir jou impakoefeningvlak te kry? Lees hier hoe om reg te kies.
Natasha van Wyk
TriAction se kwaliteitkontrole- en tegniese bestuurder, Linda Swanson, het die newe-effekte van die dra van verkeerde bra’s tydens oefeninge bestudeer.
Sy sê wanneer ligamente rondom die bors permanent gestrek word, is daar niks wat jy kan doen om dit te herstel nie.
Tydens medium-impak sport kan ‘n A-borsgrootte tot 4 cm op en af en van kant tot kant beweeg en die gemiddelde D-borsgrootte tussen 8 en 12 cm. ‘n Goeie sportbra kan dié hoeveelheid halveer.
Keuses, keuses, keuses
1. Kompressie of enkapsulering?
Kompressiebra’s kan oor die kop aangetrek word omdat hul nie ‘n hakie agter het nie. Hulle druk die borste teen die lyf vas. Die vlak van borsondersteuning hang hoofsaaklik van die tipe materiaal af, maar dié is gewoonlik beter geskik vir kleiner borsgroottes en lae tot medium impak oefening.
Enkapsulering-bra’s lig en skei elke bors en is geskik vir groter borste. Dié bra’s het gewoonlik ‘n hakie agter en die bandjies is verstelbaar.
2. Oorkruis- of reguit bandjies?
Oorkruis-, of racerback-bandjie-bra’s anker die bra aan die liggaam en kan tot ‘n mate verstel word.
Reguit bandjies versprei gewig egalig tussen die skouers en kan opgestop wees vir ekstra gemak.
3. Watter grootte?
Laat ‘n brakonsultant jou eers pas om jou regte grootte te kry. Kontak Triumph by 021 521 6700 vir meer inligting.
As jy nie by ‘n brakonsultant kan uitkom nie, volg hierdie stappe:
- Meet die omtrek van die ribbekas reg onder die borste om die onderbors-grootte vas te stel.
- Met ‘n gemaklike, alledaagse bra aan, meet rondom die volste deel van die borste.
- Die verskil tussen jou bors- en ribbekasmetings bepaal jou bra-grootte:
B = 5 cm
D = 10 cm
As jy onlangs gemeet en gepas is, kan jy hierdie gids gebruik:
Bragrootte
TriAction grootte
- 30-32 S
- 32-34 S / M
- 34-36 M
- 36-38 M / L
- 38-40 L
- 40-42 L / XL
- 42-44 XL
Nog wenke
1 Onthou om bra’s aan te pas voordat jy koop en moenie skaam wees om op en af te spring om te verseker hulle pas nie.
2 Die band onder die borste moet taamlik styf sit en as die hakie verstelbaar is, moet dit perfek pas op die eerste stel hakies. As jy die laaste stel hakies gebruik, kies eerder ‘n kleiner grootte.
3 As jy jou arms lig en die band kruip op, kies ‘n groter grootte.
4 Voordat jy die bra aantrek, rek die bra-holte se materiaal ‘n paar keer. Hoe minder dit meegee, hoe meer beweging-beheer sal dit voorsien.
5 Jou borste moet die holtes vul sonder om by die kante of bo uit te peul. As daar ‘n ondersteuningsdraad is, maak seker dat dit plat teen die ribbes lê. Maak ook seker dat die draad jou nie gaan krap as jy sit nie.
6 Hoe meer rek in die bandjies is, hoe minder beweging-beheer sal die bra voorsien. Breër bandjies gee beter borsondersteuning, maar maak seker die bandjies sit nie te styf nie.
7 Vroue met groter borste moet bra’s kies met sagte, gewatteerde bandjies sodat hulle nie skaaf nie.
Triumph TriAction bra-etikette is volgens hierdie kleurwiel gekodeer sodat jy jou impakvlak kan identifiseer
- Turkoois etikette vir lae-impak oefening.
- Groen etikette vir medium-impak oefening.
- Rooi etikette vir hoë-impak oefening.
- Kersierooi etikette vir ekstreme-impak oefening.
*Alle pryse is die voorgestelde verkoopprys
WAAR KOOP EK DIT?Triumph www.triumph.com 021 521 6700 Beskikbaar by sekere Edgars, Total Sports of Sportsman’s Warehouse-winkels.