Deur: Marlo Kitshoff-Carstens Foto: Andrea Caldwell
1 ronde koek
Bestanddele
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
180 g botter
500 ml (2 k) sultanas
250 ml (1 k) rosyne
60 ml (4 e) sitrusskil
250 g (1 pakkie) dadels, fyngekap
250 g (1 boksie) heel rooi glanskersies
3 ekstragroot eiers
5 ml (1 t) koeksoda
15 ml (1 e) brandewyn
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
1 ml sout
1 00 g (1 pakkie) pekanneute, grofgekap
60 ml (4 e) brandewyn
ekstra brandewyn vir bo-oor
Metode
Stel oond op 160 °C.
- Kook water, suiker, botter, sultanas, rosyne, sitrusskil, dadels en kersies saam vir 20 minute terwyl jy af en toe roer.
- Laat vrugtemengsel vir 15 minute afkoel.
- Klits eiers en roer by vrugtemengsel in.
- Roer koeksoda en brandewyn by vrugtemengsel in tot gemeng.
- Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Roer by vrugtemengsel tot gemeng.
- Roer neute by beslag tot gemeng.
- Skep beslag in ronde koekpan van 22 cm in deursnee wat met twee lae bruinpapier uitgevoer is en goed met kossproei gespuit is.
- Bak vir 90 minute of tot toetspen skoon uitkom.
- Sprinkel brandewyn (60 ml) oor. Laat afkoel en draai in foelie toe. Hou in lugdigte houer.
- Sprinkel gereeld met ekstra brandewyn en versier soos verkies.