Willie Burger kyk na ‘n paar nuwe uitreikings
Willie Burger kyk na ’n paar nuwe uitreikings
Tussen middernag en dagbreek deur Japie Bogaards – LAPA
Skoenlapper deur Irma Venter – Human & Rousseau Op die buiteblad word Irma Venter deur Karin Brynard, skrywer van Plaasmoord, as ’n “belowende nuwe spanningskrywer” beskryf. En met rede. Skoenlapper is ’n spannende boek. Irma Venter lewer hiermee ’n bydrae tot die groeiende aantal goed geskrewe en boeiende spanningsverhale in Afrikaans. Enkele jare gelede het ’n mens amper net van Deon Meyer geweet. Nou is daar skrywers soos Chris Karsten en Karin Brynard. Die spanningsverhaal wat oor landsgrense in eksotiese plekke afspeel en waarin daar met ’n meesleurende en ingewikkelde intrige vinnig van een gebeurtenis tot die volgende gespring word, is tans een van die gewildste genres. In Skoenlapper is dit veral die karakters wat ’n mens boei. Alex, ’n joernalis, ontmoet vir Ranna, ’n fotograaf, by ’n troue in Dar es Salaam. Hy is dadelik verlief op haar, maar geleidelik raak hy al meer bewus van iets raaiselagtigs in haar verlede. Dit wil lyk asof sy ’n reeksmoordenaar is en hul verhouding word gespanne. In afsonderlike hoofstukke word afwisselend vanuit Alex en Ranna se perspektief vertel. Op hierdie manier word inligting baie selektief aan die leser bekendgestel en jy bly tot die einde aan die raai. Die boek is ook boeiend omdat die plekke waar die gebeurtenisse afspeel, eksoties is – die beproefde resep van spanningsverhale. Maar dit is veral die geleidelike ontknoping van Ranna se verlede wat die leser nuuskierig hou. Dit is ’n gesofistikeerde roman, vlot geskryf en
Eendagmooi deur Kristel Loots – LAPA Kristel Loots is ’n bekende by Vrouekeur se lesers. Hierdie boek bied 374 bladsye van Kristel op haar beste. Met elke boek wat sy skryf, word sy beter. Eendagmooi se verhaallyn gooi ’n hele paar draaie om die voorspelbaarhede van so baie liefdesromans. Janeke het ’n tienerdogter en ’n tweejarige seuntjie wanneer sy weer swanger raak, maar dan vind sy uit van haar man se verhouding met die jong en plankdun Linda. Sy en Fanus probeer om die huwelik te red. Hy maak die verhouding met Linda af as ’n fout, ’n oomblik van waansin, maar dit is nie maklik om alles weer op dreef te kry nie. Boonop leer sy ook haar man se broer in hierdie tyd beter ken. Intussen raak haar lewe nog ingewikkelder as haar jeugfoute haar begin inhaal. As die jeugfout boonop haar tienerdogter se ore bereik, word dit nóg moeiliker om ’n gesagsverhouding te handhaaf. Al hierdie verwarrende gebeurtenisse en emosionele aanslae word só weergegee dat die leser nie anders kan as om met Janeke te identifiseer nie. Janeke is ’n gewone vrou met foute wat sukkel om van ’n deurmekaar lewe sin te maak. En juis daarom is sy so anders as baie ander romantiese heldinne. Omdat sy ook foute gemaak het, leer sy om met veel meer deernis na almal om haar te kyk en ander se foute met empatie raak te sien.