In hierdie vierde aflewering oor styl bespreek Willie Burger die skrywer Dan Sleigh se werk en die woordeskat van ‘n vervloë tyd
In hierdie vierde aflewering oor styl bespreek Willie Burger die skrywer Dan Sleigh se werk en die woordeskat van ‘n vervloë tyd
Dan Sleigh is ’n romanskrywer wat voortdurend die dikwels beperkte woordeskat van ons alledaagse taalgebruik verruim. Veral in sy roman Eilande wend hy talle vreemde, selde gebruikte woorde en woorde wat heeltemal in onbruik verval het aan. Dit sal ’n mistasting wees om te meen dat die gebruik van hierdie vreemde woorde sommer net ’n aanwendsel is of dat Sleigh dit net doen om sy kennis van die taal en taalgeskiedenis so ’n bietjie te vertoon. Afrikaans het eintlik onder binnelandse sprekers ontstaan en relatief min Afrikaanssprekendes was deur die jare by seevaart betrokke. Gevolglik het Afrikaans nie ’n uitgebreide seevaarttaal nie. Met die skryf van sy omvangryke historiese roman, waarin seevaart sentraal staan, moes Sleigh dus teruggaan na die seevaarttaal van die destydse Nederlands. Talle van die woorde wat hy gebruik en waarvan ’n leser geleidelik die betekenis uit die konteks kan aflei, is nie eers in Afrikaanse woordeboeke te vind nie. Die skepe lê byvoorbeeld voor die “reedeâ€. Die seilskepe se onderdele word met woorde benoem wat vir die meeste Afrikaanse lesers onbekend is. Die opvallendste is seker die naam van die groot driehoekige seil wat in gunstige windtoestande gespan word – die fokseil of net “fokâ€. En daarom sal ’n matroos ook sê dit gaan “fok voor die boeg†wanneer alles besonder goed verloop, want dan is die fok dermate gevul In hierdie vierde aflewering oor styl bespreek Willie Burger die skrywer Dan Sleigh se werk en die woordeskat van ’n vervloë tyd met ’n gunstige wind dat dit voor die boeg van die skip uitbol. ’n Woord soos “laveer†is dalk effens meer bekend, maar hoeveel Afrikaanssprekendes weet wat dit beteken as ’n mens ’n skip kalfater? ’n Woord soos “boomskraap†kry in Eilande, in die konteks van seevaart, skielik ’n ander betekenis as die boot “’n hele paar keer boomskraap oor die rotse†is voordat dit weer oop water kan haal. Omdat dele van die roman ook in die ou VOC-handelsposte in die Ooste afspeel, raak ’n mens ook bewus van hoe woorde uit daardie deel van die wêreld Afrikaans binnegekom het. Daniel en Pieternella sit in Mauritius op hul “verandah†en sy slaap op ’n “katilâ€. Die eerste effek van die gebruik van hierdie ou seevaartterme is natuurlik dat dit tot die skepping van ’n baie spesifieke atmosfeer bydra. ’n Vreemde en vergange era word op oortuigende wyse daardeur vir die leser opgeroep. Hierdie herskepping van ’n spesialistaal wat nie werklik in Afrikaans bestaan nie, is egter veel meer as ’n poging om ’n oortuigende rekonstruksie van die 17de eeu te bied. In die roman word daar op só ’n manier teruggekyk na die verlede, dat ons iets meer van ons eie tyd begryp. Ons kyk na die verlede en raak bewus van hoe ons identiteit vandag grootliks bepaal word deur alles wat ons voorafgegaan het. Ons meen dikwels dat ons dink en handel en besluite neem en ons eie lot bepaal, Die storie van die romankuns Styl maar deur die perspektief wat Eilande op die verlede bied, word dit uiteindelik duidelik dat ons die produkte van ’n lang geskiedenis is, dat ons manier van doen en dink deur die somtotaal van ons verlede bepaal word. Die taalgebruik in Eilande bevestig hierdie beskouing van die verlede. Die leser word daarvan bewus dat die taal wat ons vandag gebruik, ’n geskiedenis het. Ons gebruik woorde en uitdrukkings daagliks onnadenkend, maar wanneer ons deur die lees van die roman iets herken van waar die woorde oorspronklik vandaan kom, van hoe dit vroeër gebruik is, raak ons bewus van die wêrelde waaruit hulle kom en van die bagasie wat as ’t ware met hierdie woorde saamkom. Sodoende word die sentrale tema van die boek – die invloed van die verlede op ons huidige manier van wees en verstaan – bevestig.Â