Die boek, “Cellarmasters in the Kitchen – The Cape Winemakers Guild on Food & Wine†deur Wendy Toerien is pas deur Random House Struik by Nitida in Durbanville buite Kaapstad bekendgestel.
Die boek, “Cellarmasters in the Kitchen – The Cape Winemakers Guild on Food & Wine” deur Wendy Toerien is pas deur Random House Struik by Nitida in Durbanville buite Kaapstad bekendgestel.
Die boek is ter viering van die Kaapse Wynmakersgilde se 30ste verjaardag en sluit al 45 lede van die gilde in. Daar is kort stories, ou foto’s, lekker resepte wat met die wynmakers se gunsteling wyne gepas is.
Wynmakers, lede van die media en die uitgewers, het saamgekuier oor wyne van die gilde en voorslag kos uit die Cassia-restaurant op die dam by Nitida Wynlandgoed.
Die boek is by boekwinkels beskikbaar en verkoop teen R395.