Kikker jou tafel met ’n sagte blomtafelloper op
Deur KAREN ADENDORFF
Foto ELMARIE KNAPTON
Benodigdhede
Colours of Grace Aran (50 g-balle):
2 balle elk Avocado, Baby-blue, Pink
Dust en Ivory en 3 balle Grey (bestel
aanlyn by www.shop.yarninabarn.co.za
of skakel 061 216 9115)
4,5 mm-hekelpen
Algemene naaldwerkbenodigdhede
Grootte
118 cm x 77 cm
Afkortings
beg – begin
dies – dieselfde
dr – draai
gs – glipsteek
h/af – heg af
herh – herhaal
ks – kettingsteek
lb – langbeen
ls – lus
sp – spasie
rdte – rondte
vlg – volgende
Aanwysings
Sirkelmotief (hekel 12)
Let wel: Die buitenste sirkelstrook word eerste gehekel en daarna die binneste motief.
Buitestrook
Die buitenste strook word gehekel en dan word die punte aan mekaar vasgewerk om ’n sirkel te vorm.
Met kleur 1 en 4,5 mm-pen, hekel 10 ks, dr, slaan 5 ks oor, 1 lb in vlg 5 ks, 5 ks, dr, 1 lb in vlg 5 lb, *5 ks, dr, 1 lb in vlg 5 lb*, herh van * tot * tot 20 5 ks-lusse gevorm is. Werk die punte vas om ’n sirkel te vorm.
Binnemotief
Met kleur 2 en 4,5 mm-pen, hekel 12 ks en sluit met gs in 1ste ks om ring te vorm.
Vlg rdte: 3 ks, 2 lb in ring, * 4 ks, 1 lb as volg: haak pen deur ’n binne-5ks-ls van die buitestrook, voltooi die lb, 1 lb op dies manier deur vlg binne-5 ks-ls van buitestrook, 4 ks, 3 lb in ring *, herh van * tot * tot einde, eindig met gs in bokant van beg-3 ks. H/af. Werk die 12 sirkels volgens die diagram aan mekaar vas.
Invulmotief (hekel 12)
Met 4,5 mm-pen, hekel 8 ks, gs in 1e ks om ring te vorm.
1ste rdte: 3 ks, 2 lb in ring, (heg met 1 kb in 5 ks-ls, 3 lb in ring, 2 ks, heg waar 2 lusse aan mekaar geheg is met 1 lb, 2 ks, 3 lb in ring) 3 keer, eindig met gs in beg-3 ks.
Randjie rondom
1ste rdte: Met Baby-blue: 1 kb in enige 5 ks-sp, * 4 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp *, herh van * tot * tot einde, eindig met gs in 1ste kb. H/af.
2de rdte: Met Avocado: 1 kb in enige 4 ks-sp, * 5 ks, 1 kb in vlg 4 ks-sp*, her van * tot * tot einde, eindig met gs in 1ste kb. H/af.
3de rdte: Met Baby-blue: 1 kb in enige 5 ks-sp, * 6 ks, 1 kb in vlg 5 ks-sp *, her van * tot * tot einde, eindig met gs in 1ste kb. H/af.
4de rdte: Met Pink Dust: 1 kb in enige 6 ks-sp, 1 kb in dies sp, 3 ks, 2 kb in dies sp, * (2 kb, 3 ks 2 kb) in vlg 6 ks-sp *, herh van * tot * tot einde, eindig met gs in 1ste kb. H/af.
Karen, ook bekend as die koninging van hekel, het al 18 handwerkboeke vanaf 2008 uitgegee. Sy het al oraloor SA gereis om entoesiaste die kuns van hekel te leer. Haar werk het haar al vele radio- en televisiewerk asook tydskrifartikels besorg. Haar hooffokus as ʼn ontwerper is haar gereelde bydraes aan verskeie tydskrifte, sosiale media platforms en haar blog, A Hankidoriday – my beautiful chaos.