Willie Burger bekyk ‘n historiese boek vir tieners en ‘n bundel met ‘n keur van Katriena-stories
Willie Burger
KATRIENA, VERTEL! HARTSTORIES UIT DIE KOMBUIS Riana Scheepers, LAPA
Riana Scheepers se drie Katriena-bundels was van die begin af baie gewild. Soos die bekende Madam & Eve-strokies, werk die Katriena-stories ook met die verhouding tussen die ma van die huis en die huishoudster. In Scheepers se geval is dit egter nie satiries nie. Katriena is die verteller en die lewe van haar “merrem van die halwe huis en haar twee onhebbelike seunskinders” word vanuit haar oogpunt weergegee. Die vertellings is vol kwinkslae, meestal snaaks, en draai dikwels die patos so ’n bietjie aan. In KATRIENA, VERTEL! HARTSTORIES UIT DIE KOMBUIS word ’n keur uit die vorige drie bundels saam met enkele nuwe verhale aangebied.
DIE PAD NA SKUILHOEK Hans du Plessis, LAPA
Afrikaanse tieners kla dikwels dat daar nie juis veel in Afrikaans te lese beskikbaar is nie. Hulle verslind Anthony Horowitz se boeke oor Alex Rider, Rick Riordan se Percy Jackson-reeks of Derek Landy se Skulduggery Pleasant. En waar dit om ontluikende volwassenheid teen ’n soort historiese agtergrond gaan, is Chris Bradford se Young Samurai-boeke vir die meeste eietydse tienerlesers meesleurend. Om my tienerseun so ver te kry om Eoin Colfer se Artemis fowl neer te sit en dan iets soos Hans du Plessis se Die pad na Skuilhoekop te tel, kos egter moeite. En dit is jammer, want daar is veel oor die geskiedenis uit diй roman te leer.
Die pad na Skuilhoek
Hulle speel met kleiosse, want hulle is Voortrekkerkinders. Hul liefdesverhouding ontwikkel teen die (histories feitlike) agtergrond van die Voortrekkers wat in 1836 die Vaalrivier naby die huidige Parys oorsteek en met die Matabeles bots.
My geskiedenisonderwyser was ’n goeie storieverteller met ’n ryk verbeelding en hy het ons die Slag van Bloedrivier laat herleef. Hy het ons eers vertel van Bloukrans, waar die babas teen wawiele verbrysel is, van Johanna van der Merwe, met al die assegaaiwonde, en van die dapper Dirkie Uys, wat vergeefs sy pa voor die aanstormende Zoeloes probeer red het. En dan natuurlik van die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838.
Vir ’n Afrikanerkind van die 1960’s en 1970’s was hierdie stories en stories oor die Anglo-Boereoorlog die hoekstene van ’n ongekompliseerde geskiedenis oor dapper voorgeslagte in ’n ongerepte land. Dit het ook die verbeelding gestimuleer vir baie middae se gevegte in die oop veldjie naby ons huis en wors braai in die skadu’s van die mynhope wat vir ons soos ons voorvaders se Drakensberge gelyk het.
Du Plessis gebruik hierdie romantiese siening van ’n ongerepte binneland en die groot avonture wat jongmense op so ’n trek beleef. Die kombinasie van lewensgevaar en die eerste gewaarwordings van seksuele aangetrokkenheid word deeglik deur hom benut. Hy is ’n vaardige verteller wat die leser dadelik deur talle emosionele ervarings meevoer: van onsekerheid oor wat agter die “duikeroл” van die meisie skuil, tot die trauma van ’n moorddadige nagaanval op hul laer, die gille, die vuur en sissende assegaaie.
Lourens en Petronel se ontluikende liefde moet talle struikelblokke teen die agtergrond van daardie skrikwekkende pioniersbestaan oorkom. Die struikelblokke is nie slegs die oorlog teen die Matabeles nie, maar ook familietwiste, afguns en wraak van ander pioniers. Vermoedelik word die jeugroman om hierdie rede op die agterblad as ’n “verfrissende blik op ’n stuk geskiedenis” beskryf en word Jeannette Ferreira soos volg oor die roman aangehaal: “Die Trekkers was nie net edele helde nie, maar bloedwarm mense met foute en flaters. Nes ons vandag.”
Ten spyte van hierdie pogings om ’n ander blik op die verlede te gee, is daar nie regtig sprake van ’n vernuwende beskouing nie (’n gevoel wat versterk word deur byvoorbeeld die ongekompliseerde blik op die manier waarop plase aan boere toegeken word). Ouer, meer nostalgiese liefhebbers van romanses sal egter deur die emosionele swaaie en vlot vertelling meegevoer word.
is in die eerste plek ’n liefdesverhaal van jong kinders wat in moeilike omstandighede grootword. Aan die begin van die roman speel Lourens Botha en Petronel van Rensburg nog onskuldig met kleiosse langs die Vaalrivier, salig onbewus van die lang, gevaarlike pad vol struikelblokke wat na die veiligheid van Skuilhoek nog vir hulle voorlк.